Oor die kompetisie

AfriForum bied in samewerking met AfriForum Sakenetwerk aan:

Skolekuns by die Prag & Praal Kunskraal – AfriForum Teater se eie galery.

Hierdie kompetisie se doel is om kinders aan te moedig om hulle talente te ontwikkel en dié wat daarmee woeker ook te beloon. Kunstenaars is entrepreneurs in eie reg en ons hoop dat kinders deur hierdie kompetisie aangemoedig sal word om hulleself uit te leef in die kunste.

Die Prag & Praal Kunskraal is deel van AfriForum se gemeenskapteater. Daarom is enige kunswerk welkom en hoef dit nie vooraf gekeur te word nie. Dit werk wel op die grondslag van wie eerste kom, kom eerste aan die beurt. Maak dus seker jy skryf gou in. Inskrywings is oop tot 16 November 2021. Indien al die plekke voor hierdie datum gevul is, sal verdere inskrywings ongelukkig nie ingeneem word nie. Kunsitems moet ons teen 18 November 2021 bereik, sodat dit gereed kan wees vir die uitstalling op 25 November 2021.

Tema: “Hoop”

Is jy ’n draer van hoop? Skep jy hoop? Het jy hoop? Waarvoor hoop jy? Vertel ons deur jou kunswerk wat hoop vir jou beteken. Jy kan jou gunstelingmedium gebruik.