Ontmoet die beoordelaars

Jana Nel is die siel van Jana Nel, ’n keramiekateljee in Pretoria, Suid-Afrika, wat spesialiseer in pragtige handgevormde keramiekartikels. Hierdie kunsartikels word gemaak deur klassieke keramiekvorms te respekteer, en is waarlik tydloos. Haar werk fokus op die rou skoonheid en voelbaarheid van die natuurlike materiale waarmee sy werk: erdewerkklei, 24-karaat goud en soliede koper.

Sy het BA Visuele Kommunikasie by die Universiteit van Stellenbosch studeer, waarna sy verskillende rolle aangepak het as ’n korporatiewebemarkingspesialis vir verskeie plaaslike en internasionale ondernemings in die IT- sowel as die mediesefondsbedryf. Na nege jaar in ’n korporatiewe omgewing met streng kantoorure het haar hart gehunker na die geleentheid om haar kreatiewe talente toe te laat om te gedy – op stuk van sake is kreatiwiteit ’n gawe en dit is jou verantwoordelikheid om dit goed te bestuur. Daar is ’n pragtige aanhaling wat lees: Creativity is God’s gift to us, utilising and stewarding our creativity is our gift back to God.

 

Rozier van Tonder het sy reis begin toe hy nog ’n klein seuntjie was wat sy pa en sy Canon A-1-kamera bewonder het. Hy onthou hoe opgewonde hy by die winkels was om sy foto’s te ontwikkel en druk, en dan nog vir ’n paar uur moes wag om dit gedoen te kry. Dit was so spesiaal om op sy bed te sit, die foto’s rond te stuur en elke herinnering met sy sibbe en ouers te herleef. Dit het hom geïnspireer om die fotograaf te word wat hy vandag is.

Hy het in 2011 sy BA-graad inVisuele Kommunikasie by Open Window School of Visual Communication verwerf en het homself toegelê op die kuns om troues in ’n joernalistieke styl vas te lê. Hy is mal daaroor om tyd saam met sy vrou en seuns te spandeer; hulle hou sy voete op die grond en laat hom teen ’n geesdriftige tempo voortgaan. Hy het sy hardeskywe gevul en sosiale media toegegooi met foto’s van sy seuns sedert hulle aankoms in die wêreld. Hulle is so oulik! Wanneer hulle slaap kan jy hom aanlyn kry waar hy besig is om Tusks and Tentacles (’n duo van die visuele/skryf van kopie) te speel of ’n fantasieroman te lees. Ek geniet fiksheid en om gesond te bly, te stap, ontbytkos te eet en Adventure Time te kyk!

Hy probeer om so rustig as moontlik te leef; don’t let the dragon drag on!

Kobus Galloway het op sesjarige ouderdom begin teken en ná skool het hy grafiese ontwerp studeer. Hy is die skepper van Idees Vol Vrees, wat vinnig die gewildste Afrikaanse spotprentreeks in die wêreld geword het. Sy politieke parodie Where’s Zuma? het in 2015 verskyn, en ’n Wolf in skaapsklere is in 2017 gepubliseer. Kobus is ’n grafiese ontwerper, illustreerder en komediant, en die eienaar van Komedie Media.

 

 

Christelle Webb-Joubert voltooi haar BA-graad in Drama in 1997 waarna sy haar HOD voltooi asook haar BA Drama (Hons). Sy werk vir ’n hele paar jaar vryskut waar sy van poppekas en kinderteater tot produksiebestuur en regie doen.

Sy sluit in 2003 aan by RSG as die karakter Melody Maynard in die radiovervolgverhaal, Blinkwater. In 2004 begin sy as omroeper by die radiostasie werk waar sy al aanbieder van verskeie programme was. Sy is tans die aanbieder en vervaardiger van RSG Kuns en Geestesgesondheid.

Saam met kollega Renske Jacobs was hulle die skeppers van die gewilde kinderprogram Poen en Toekie, ook op RSG.

Sy was vir twee jaar boekeredakteur by die Leef-tydskrif en ook regisseur van talle radiodramas.

In April 2021 stel sy en die aktrise Juanita de Villiers die platform Lekker Luister bekend. Lekker Luister is ’n webwerf waarop kinders na oudiostories kan luister.

Sy is getroud met die liefde van haar lewe, Henry Joubert, en hulle het ’n seun Lukas.

Annemie Odendaal is ’n ontluikende Suid-Afrikaanse kontemporêre kunstenaar wie se voorkeur medium linosnee is.
Annemie word geïnspireer en gefassineer deur die menslike gees en die balans tussen skoonheid en afgryslikheid in alles wat sy in haar alledaagse lewe, liefde en reise raakloop. Deur haar pyn en ontdekking het sy groei en wonderwerke ervaar wat haar sprakeloos en in verwondering gelaat het. Alhoewel die lewe vlugtig en verbygaande is, sal sy tog vir ’n oomblik stilstaan en reflekteer oor daardie dinge wat hierdie reis die moeite werd maak en hopelik ook inspireer.

In Annemie se eie woorde: “Soms voel ek dat ek nooit genoeg is nie; ander kere dat ek te veel is. Die waarheid is dat ek meer is as wat ek ooit gedink het ek kan wees.’’

Nadat sy haar BA(FA)-graad in Inligtingsontwerp by die Universiteit van Pretoria behaal het, het sy vir ’n paar jaar lank as grafiese ontwerper gewerk. Daarna het sy ander ondernemings verken en wyd gereis, maar het altyd hierdie drang ervaar om haarself deur haar kuns uit te druk. Sy het gou na kuns teruggekeer, en wel na die skone kunste en verskillende mediums.

Sy het verskeie uitstallings in Suid-Afrika asook Frankryk gehou, en haar werk is beskikbaar op haar webtuiste: OnlineArt.Gallery, waar sy verskeie kunstenaars die geleentheid gee om hulle werk aanlyn te verkoop.