KATEGORIEË

Die kompetisie is vir kinders in Suid-Afrika en Namibië wat tussen ses en agtien jaar oud is. Daar is vier kategorieë:

  1. 6 tot 8 jaar oud
  2. 9 tot 11 jaar oud
  3. 12 tot 14 jaar oud
  4. 15 tot 18 jaar oud

INSKRYWINGSFOOI: Gratis

Meer as een kunsartikel kan ingeskryf word om uit te stal, maar daar is net beperkte spasie om uit te stal. Om meer as een kind ’n geleentheid te gee om in te skryf, sal tweede en derde inskrywings wegval as plekke vol raak. Dui dus mooi aan watter item jy as jou eerste keuse inskryf. Jou eerste keuse is ook die kunswerk wat beoordeel sal word.