Tinteltong Toekennings

In samehang met Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon ons innoverende Afrikaanse ondernemings.

In 2016 het ons begin deur ’n pakkie te pos aan vier sulke ondernemings wat ons beïndruk het. In 2017 het ons met ’n amptelike feesviering begin, en jaarliks word meer as 10 ondernemings met ’n Tinteltong Toekenning bekroon.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is. Daarom gaan ons voort om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans bied. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en besiel om in hul sake in hul hartstaal te bedryf.

Weens die COVID-inperkings moes ons vanjaar die koppe kraak om die Tinteltong Toekennings – soos wat dit in die verlede aangebied is – te herevalueer. 2021 se Tinteltong Toekennings is volgens streke ingedeel en ook daar uitgedeel.

Ons hoop om in 2024 die Tinteltong Toekennings op die tradisionele manier voort te sit, maar dié keer sal dit ook regstreeks op ons Facebook-blad uitgesaai word.

Die nominasieproses is nou amptelik oop en die publiek en ondernemings is welkom om hulle gunsteling Afrikaanse ondernemings te nomineer.

Videos

Nominasies vir Tinteltong Toekennings 2024:

Nominasies vir Tinteltong Toekennings 2024:

Nomineer nou jou gunsteling- Afrikaanse onderneming

Nominasies is oop vanaf 21 November 2023 tot 17 Januarie 2023.

Stem nou

RSVP