Tinteltong toekennings

Laat jou gunsteling Afrikaanse besigheid se naam tintel!

Sakenetwerk vier sedert 2016 Internasionale Moedertaaldag deur ondernemings wat kreatief met ons moedertaal – Afrikaans – omgaan met die Tinteltong Toekennings te vereer.

Die nominasieproses vir 2026 begin op 12 Maart en sluit weer 31 Maart 2026. Daarna volg die stemfase van 13 April tot 26 April 2026, waar die publiek hul stem kan uitbring vir hul gunsteling- Afrikaanse ondernemings.

Die Tinteltong Toekennings word in die week van 8 Mei 2026 oorhandig, wanneer Afrikaans se 101ste verjaarsdag gevier word. Hierdie toekennings gee erkenning aan ondernemings wat Afrikaans op ’n kreatiewe, unieke en diensgerigte manier gebruik wanneer hulle sake doen.

Die Tinteltong toekennings word saam met plaaslike AfriForum Sakenetwerk-takke aangebied, waar plaaslike ondernemings erkenning ontvang vir hul bydrae tot Afrikaans in die sakewêreld en hul gemeenskappe.


Só werk vanjaar se Tinteltong Toekennings-nominasieproses:

  1. Die publiek of lid van die plaaslike Sakenetwerk-tak moet jou in daardie spesifieke area nomineer. Hoewel jy sélf nie deel van ’n tak hoef te wees nie, moet die persoon wat jou nomineer wel ’n lid van die tak wees.
  2. Daar is twee kategorieë, wat elk ook twee subkategorieë het:
    • Produk
      • Kreatiewe Afrikaanse naam
      • Kreatiewe Afrikaanse slagspreuk
    • Diens (die onderneming se naam hoef nie in Afrikaans te wees nie)
      • Uitstekende diens in Afrikaans
      • Uitstaande bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap

Daar word dus vier toekennings per Sakenetwerk-tak oorhandig. Die bekende proses om die gunstelinge te bepaal, gaan soos normaal voort: deur die meeste stemme van die publiek te werf.

Die Tinteltong Toekennings se besonderhede (datum, tyd en plek) word deur die plaaslike tak bepaal en word eersdaags gekommunikeer.
Gebruik hierdie skakel om ’n onderneming in die toepaslike kategorie te nomineer.

Nomineer nou jou gunsteling- Afrikaanse onderneming!

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Kontakpersoon*

Nomineer ondernemings vir

Dienskategorie
Produkkategorie

Nomineerder

Kontakpersoon*