Oor Afriforum

sakenetwerk

Hierdie netwerk bestaan uit twee dele: AfriForum Sakenetwerk as ’n databasis van ondernemings wat deur AfriForum-lede besit of bestuur word, en ondernemings wat nie lid is nie, maar wat wel diens in Afrikaans kan lewer. AfriForum-lede wat hul ondernemings registreer en aandui dat hulle lede is, se ondernemings sal outomaties op albei databasisse geregistreer word. Mense wat nie lede van AfriForum is nie se ondernemings sal net op die algemene databasis geregistreer word. Lede van AfriForum word aangemoedig om ander lede se ondernemings te ondersteun deur die AfriForum Sakenetwerk.

Indien jy slegs die AfriForum Sakenetwerk-databasis wil sien, klik op die AfriForum Sakenetwerk-blokkie om die databasis te filtreer. Ondernemings kan ook aandui of hulle bereid is om korting aan lede te bied en lede kan ook maklik dié ondernemings wat korting bied, identifiseer.

Die Joodse entrepreneur Kira Radinsky sê dat suksesvolle besigheid toegeskryf kan word aan die idee van gemeenskappe bou en etiese waardes behou.

Net soos die Joodse gemeenskap wil AfriForum Sakenetwerk ook ’n landwye netwerk bou waar AfriForum-lede en entrepreneurs mekaar kan opspoor, aanspoor en ondersteun.

MAKLIK. VINNIG. GRATIS.


Alle ondernemingseienaars, entrepreneurs, kleinsakeondernemings, winkelbestuurders – en selfs verbruikers wat voel dat hulle ’n bydrae kan maak deur hul eie diens en onderneming, of een wat hulle graag ondersteun – kan ’n e-pos na netwerk@afriforum.co.za stuur om GRATIS op hierdie gids gelys te word sodat ons jou kan bystaan wanneer jy jou diens of onderneming lys.

AfriForum Sakenetwerk bied ook netwerkgeleenthede vir ondernemings op dié gids, soos sakeontbyte, opleidingsessies, sosialemediabemarking, entrepreneurskompetisies vir oud en jonk en ’n jaarlikse glansgeleentheid (Tinteltong Toekennings) waar die beste ondernemings bekroon word.

Missie

AfriForum Sakenetwerk is ’n netwerk van Afrikaanse sakelui wat hom beywer vir die groei van gemeenskapsekonomie deur volhoubare, selfstandige besighede.
Die netwerk skep geleenthede vir Afrikaanse sakelui om volhoubaar te wees, deur met mekaar bande te smee en sake te doen tot bevordering van selfstandige gemeenskappe.
Die netwerk se dienste word gelewer aan bestaande klein en medium grootte besighede en aan entrepreneurs en voornemende entrepreneurs.
Die netwerk onderskei homself deur op innoverende wyses kopers en verkopers aan mekaar voor te stel sodat die frekwensie van besigheidstransaksies daadwerklik verhoog. Dit word gerugsteun met die samesnoering van verskillende mandjies dienste uit die netwerk wat besighede sal help volhoubaar wees in hulle gemeenskappe.

VISIE

AfriForum Sakenetwerk wil die handelsbeurs wees vir gemeenskapsekonomie.