Inskrywings is oop vanaf 14 Junie tot 29 Julie 2024.

OOr die kompetisie

2023 se topvyffinaliste

Sakenetwerk bied sedert 2017 die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aan, met uitsondering van 2020, as gevolg van die COVID-19-pandemie. In 2024 bou ons voort op die verlede en bou sterker aan die toekoms van dié kompetisie.

Sedert 2017 het meer as 380 entrepreneurs vir die kompetisie ingeskryf en het meer as 20 000 lede van die publiek vir hul gunstelinge gestem. Louis Loubser het in 2017 met sy Tree Hog gewen, in 2018 het die dames van Oh-Lief met die louere weggestap, in 2019 het Marita Bezuidenhout van Magies vol Liefde koning gekraai en in 2021 het Elzabeth van der Bijl (Fynbos SA) in die kategorie vir entrepreneurs wat minder as sewe jaar handeldryf, gewen en Alita du Plessis (Purple Carrot) het in die kategorie vir entrepreneurs wat langer as sewe jaar handeldryf, weggestap met die titel “Entrepreneur van die Jaar”. 2022 se wenner, Bertha Lewis, het skoonskip gemaak met haar pratende beertjie, Lingi. 2023 se titel gaan aan Danie Rossouw, eienaar van The Butcher and Son, wat bou aan ’n nalatenskap vir sy kinders asook hul kinders.

Ná 2021 het ons die proses aangepas om by vandag se entrepreneurs aan te pas. Ons het oorweldigende terugvoer gekry van entrepreneurs wat ingeskryf het, wat sê dat daar spesifieke areas is waarin hulle meer leiding sal wil ontvang. Ons het hierdie areas geïdentifiseer en daarom, as deel van die inskrywingsproses, bied ons werkswinkels aan in hierdie onderwerpe. Entrepreneurs wat wil inskryf vir die kompetisie moet sommige van die werkswinkels of webinare voltooi as deel van hulle uiteindelike beoordeling. Akademia is ons trotse vennoot wat verseker dat die standaard van hierdie opleiding van hoë gehalte is.

In 2024 sal daar slegs een kategorie wees – entrepreneurs wat langer as agtien maande en korter as sewe jaar handeldryf. Hoe weet jy of jy by dié kriteria inval? Deur die eenvoudige vraag te beantwoord: Hoe lank is jy reeds besig daarmee om planne van jou eie te maak en nie meer vir ’n salaris te werk nie?

Daar word genoeg tyd gegee om in te skryf met inskrywings wat oopmaak 14 Junie 2024 en weer 29 Julie 2024 sluit.

Om deur te dring na die toptien sal daar ’n tydperk wees waar die publiek en jou volgers vir jou kan stem. Hierdie jaar word jou inskrywing ook noukeurig nagegaan deur ’n interne paneel (AfriForum en Akademia) om seker te maak die toptienportefeuljes wat deurgaan na die beoordelaars is van hoogstaande gehalte. Die kriteria hiervoor bly dieselfde as uiteengesit onder “kriteria”. Om seker te maak dat ons alles van ons kant gedoen het om jou te help met daardie belangrike portefeulje, sal daar ook ’n mentor aan die toptien toegeken word. Die mentor sal jou help met jou portefeulje en jou help om ten volle gereed te wees, sou jy deurdring na die topvyf en finaal. Die mentor sal iemand wees wat voorheen deelgeneem het, ’n borg wat al jare betrokke is by die kompetisie of ’n vorige beoordelaar. Die toptienkandidate sal ’n geleentheid kry om hulself voor te stel aan die beoordelaars en op grond van hierdie voorstelling sal vyf van die toptien genooi word na die finale rondte om dit uit te spook as die een en enigste “Entrepreneur van die Jaar”.

Skryf in en stap weg met die Entrepreneur van die Jaar-titel, ’n splinternuwe netwerk van entrepreneurs wat jy op hierdie pad sal ontmoet, hope blootstelling, R50 000 kontant, sowel as ’n mediapakket van ons mediavennoot, Maroela Media ter waarde van R50 000. Hou ook ons sosialemediaplatforms dop vir verdere uiteensetting van die pryse waarmee die topvyf huis toe sal gaan. Nie-kontantpryse beloop meer as R200 000 en word geborg deur Acctiva, Steyn IP en Kwikstert, Wolk-Besigheidsbroeikas, Lizette Volkwyn en Solidariteit.

Skryf hiér in.

maklik en vinnig.

  • Kontakbesonderhede:

  • Jou onderneming(s) se besonderhede:

  • Van watter bemarkingsmetodes maak jou onderneming gebruik?*
  • Waarom wil jy hierdie kompetisie wen?*
  • Vertel ons van die suksesse wat jy as entrepreneur al bereik het, klein of groot?*
  • Is jy bewus daarvan dat jy self stemme moet werf om na die top 10 deur te dring?*
  • Is jy bewus daarvan dat ons webinare en werkswinkels aanbied vir entrepreneurs?*
  • Is jy bewus daarvan dat, indien jy deurgaan na die topvyf, jy die finaal self moet bywoon in Gauteng vanaf 1 tot 3 Oktober 2024?*
  • Is jy bewus daarvan dat, indien jy deurgaan na die finaal, jy jou reisonkostes na die finaal in Oktober 2024 self moet dek? Verblyf en verversings is ingesluit by die finaliste se voordele.*
  • Laai asb. die bewysing van betaling hier op.*
    Die kompetisie se registrasiefooi beloop R250.
    Bankbesonderhede:
    Banknaam: First National Bank
    Rekeninghouer: AfriForum NPC
    Takkode: 261550
    Rekeningnommer: 62349898398
    Verwysing / Reference: Sakenetwerk
    Laai asb. die bewysing van betaling hier op.
    Accepted file types: jpg, png, pdf, Max. file size: 128 MB.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

KRITERIA & VOORWAARDES EN BEPALINGS

Kriteria

Algemene kriteria

  1. Die entrepreneur se ervaring stem ooreen met die tyd in die bedryf/betrokkenheid by ’n onderneming (verwys na “Oor die kompetisie”).
  2. Die entrepreneur het werkswinkels/webinare bygewoon.

Die volgende word volgens ’n skaal beoordeel:

  1. Entrepreneur se rol in die besigheid.
  2. Dit is duidelik watter verskil die entrepreneur se betrokkenheid by die besigheid gemaak het.
  3. Die entrepreneur het die nodige ervaring en ondervinding om die besigheid te laat werk.
  4. Dit is duidelik dat die produk/diens ook in Afrikaans aangebied word.
  5. Die produk/diens maak ’n daadwerklike bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap.
  6. Die produk/diens se mededingendheid.
  7. Die entrepreneur beskik oor ’n unieke produk/diens.
  8. Die entrepreneur beskik oor ’n duidelike mededingende voordeel.
  9. Maklike toegang tot die produk/diens.
  10. Die produk/diens is maklik toegangklik vir die teikenmark.
  11. Die produk/diens kan geredelik gelewer word sonder ’n lang wagtydperk.
  12. Die produk/diens is volhoubaar.
  13. Die produk/diens spreek ’n werklike behoefte in die mark aan.
  14. Die entrepreneur het werkbare voorstelle om die besigheid volhoubaar te bestuur.
  15. Potensiaal vir uitbreiding.
  16. Die entrepreneur het duidelike, werkbare idees vir uitbreiding.
  17. Die entrepreneur se doelwitte vir uitbreiding is duidelik, realisties en haalbaar.
  18. Finansiële beplanning:
    • Die entrepreneur verstaan die onderneming se kostes, inkomste en finansiële posisie.
    • Die entrepreneur se syfers is realisties.
  19. Gebruik van tegnologie
    • Tegnologie word effektief gebruik in die bestuur en uitbreiding van die besigheid.
    • Sosiale media word effektief gebruik vir die bemarking van die besigheid.
  20. Goeie bemarking
    • Die entrepreneur het ’n duidelike bemarkingsplan gerig op die teikenmark.
    • Die entrepreneur se bemarkingsaanslag is geskik vir die produk/diens.
  21. Die produk/diens maak ’n verskil in die plaaslike ekonomie; is plaaslik vervaardig en/of verskaf werk aan plaaslike werknemers/arbeiders.

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Indien jy in die voorafgaande jaar die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie gewen het, mag jy nie vir hierdie jaar inskryf nie.
  2. Deelnemers mag nie direk verwante familie van enige AfriForum-, Akademia-personeel wees, óf enige direkte of indirekte belang by die hoofborge van hierdie kompetisie hê nie.
  3. Aansoeke moet voor of op 14 Julie 2024 deur middel van ons aanlyn aansoekvorm ingedien word. Geen skriftelike of laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  4. AfriForum aanvaar sodra jou aansoek ingedien en ontvang is, dat jy voldoen aan die kriteria om aan die kompetisie deel te neem en dat jy as deelnemer, die bepalings en voorwaardes aanvaar en as bindend beskou.
  5. Enige inligting wat deur die verloop van die kompetisie van enige persoon ingesamel word, sal ingevolge die bepalings van die Protection of Personal Information Act, 4 van 2013, hanteer en verwerk word.
  6. Deelnemers en ander partye wie hul persoonlike inligting beskikbaar stel gedurende die proses van hierdie kompetisie, stem toe dat sodanige persoonlike inligting aan die borge beskikbaar gestel mag word vir bemarking en/of werwingsdoeleindes.
  7. Geen wysiging van enige inligting wat op ’n inskrywing ingedien is, sal na die sluitingsdatum toegelaat word nie.
  8. Die beoordelaars van hierdie kompetisie is onafhanklik en hul beslissing(s) is finaal.
  9. Geen naasbestaandes mag as borg vir die entrepreneurskompetisie optree nie.
  10. Publieke stemme is slegs geldig gedurende die periode waartydens aanlyn stemme oop is vir die publiek.
  11. Slegs een stem per persoon is geldig, wat beteken dat daar nie meer as een keer vir dieselfde deelnemer gestem kan/mag word nie.

BORGE en MEDIAVENNOTE

Dankie vir elke borg en mediavennoot wat help om entrepreneurskap te bevorder.

Om as borg deel te wees van 2024 se kompetisie, stuur ’n e-pos vir sanderien.vanderwalt@afriforum.co.za of vul die onderstaande vorm in voor 20 Mei 2024.

Stem hier

Finaal 2023

Wenners