Bepalings en voorwaardes

AANVAARDING VAN HIERDIE GEBRUIKERSOOREENKOMS DEUR U

Jy mag AfriForum Sakenetwerk se diens en webtuistes gebruik, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat in hierdie dokument uiteengesit word.

Hierdie ooreenkoms is geldig en bindend vir-, en afdwingbaar op alle persone met toegang tot hierdie webtuiste of ’n gedeelte daarvan. Lees asseblief hierdie gebruiksooreenkoms sorgvuldig deur aangesien jou gebruik van hierdie webtuiste impliseer dat jy die gebruiksooreenkoms aanvaar en gebind word daardeur. Verlaat AfriForum Sakenetwerk se webtuiste onmiddellik as jy nie die bepalings van hierdie gebruiksooreenkoms aanvaar nie, aangesien verdere gebruik jou outomaties tot hierdie gebruiksooreenkoms verbind, ondanks enige verskille wat jy met die bepalings van hierdie beleid mag hê.

VARIASIE

AfriForum Sakenetwerk behou die reg voor om hierdie ooreenkoms of enige gedeelte daarvan te eniger tyd sonder vooraf kennisgewing of regverdiging te verander. Enige wysigings van hierdie aard sal op hierdie bladsy aangetoon word. Lees asseblief hierdie gebruikersooreenkoms sorgvuldig deur aangesien jou gebruik van hierdie webtuiste impliseer dat jy enige veranderings aanvaar (wat in werking sal tree sodra dit op die webtuiste geplaas word) as jy voortgaan om hierdie webtuiste te gebruik nadat dit geplaas is.

DIE HELE GEBRUIKSOOREENKOMS

Hierdie gebruiksooreenkoms geld as die hele ooreenkoms tussen jou en AfriForum Sakenetwerk en vervang enige en alle voorafgaande beloftes, verteenwoordigings, ooreenkomste, beleide en verstandhoudings van enige aard. In sover enige deel van hierdie gebruiksooreenkoms as ongeldig, onwettig of onafdwingbaar deur enige hof met die gepaste jurisdiksie verklaar word, in welke geval so deel van die oorblywende bepalings geskei sal word, die res steeds afdwingbaar en van toepassing sal wees, soos deur die reg toegelaat.

ONVERMOË OM AF TE DWING

Enige onvermoë deur AfriForum Sakenetwerk om enige reg of voorwaarde van hierdie ooreenkoms uit te voer of af te dwing, sal nie as vrywaring van sodanige reg of voorwaarde geag word nie. AfriForum Sakenetwerk het die reg om sy regte en verpligtinge ingevolge hierdie gebruiksooreenkoms te sedeer, toe te ken of andersins oor te dra aan enige derde party.

REGSKOSTES

AfriForum Sakenetwerk sal nie aanspreeklik wees vir enige kostes wat deur jou aangegaan is vir professionele advies oor hierdie gebruiksooreenkoms nie.

JURISDIKSIE

Hierdie gebruiksooreenkoms word deur die wette van Suid-Afrika gereguleer. Jy stem toe dat enige regsaksie wat ingevolge hierdie gebruiksooreenkoms mag voortspruit, in die gepaste Suid-Afrikaanse hof begin en aangehoor sal word.

Vrywaring

Nóg AfriForum Sakenetwerk nóg enige van sy lede, werknemers, beamptes, verteenwoordigers, agente, konsultante, verskaffers, diensverskaffers of subkontrakteurs (“Gevrywaarde Partye”), sal aanspreeklik wees vir enige direkte, indirekte, spesiale of daaruitvolgende verliese of skade van welke aard ook al wat die gevolg is van:

jou toegang tot, of gebruik van hierdie webtuiste; of

jou aankoop van/of gebruik van enige van die produkte of dienste beskikbaar op hierdie webtuiste; of

die onbeskikbaarheid van enige van die produkte of dienste wat op hierdie webtuiste voorsien word; of

die onvermoë om toegang tot hierdie webtuiste te kry of die produkte en/of dienste wat op hierdie webtuiste beskikbaar is te gebruik; of

die gebruik van hiperskakels op hierdie webtuiste of die gebruik van of afhanklikheid van enige webtuiste vanwaar jy tot by of vanaf hierdie webtuiste met ’n hiperskakel beweeg; of

toegang tot of die onvermoë om webtuistes wat met hierdie webtuiste skakel; of

toegang en/of gebruik van hierdie webtuiste deur enige persoon vanuit ’n regsgebied waarbinne so ’n aktiwiteit verbode is; of

die voorlegging of oordrag van inligting of inhoud op of deur hierdie webtuiste deur jou; of

die oortreding van hierdie gebruiksvoorwaardes of enige ander wette, regulasies of reëls deur jou; of

inligting of inhoud wat jy ingedien het aan AfriForum Sakenetwerk wat ’n oortreding is van enige wet of skending van ’n derde party se regte (dit sluit in, maar is nie beperk tot, laster, inbreuk maak op privaatheid, verbreking van vertroue of inbreuk van kopiereg of enige ander intellektuele eiendomsreg).

jou interaksie met enige Verskaffer op die AfriForum Sakenetwerk-webtuiste.

Hiermee vrywaar jy Gevrywaarde Partye van enige verliese, skade, skuld, eise en kostes van watter aard ook al, hetsy vergoedend, direk, bykomend, gevolglik of andersins, wat aangegaan is deur die Gevrywaarde Partye wat ontstaan uit, of op enige manier verband hou met, (i) tot (xi) hierbo.

AfriForum Sakenetwerk behou die reg voor om enige eise wat ontstaan vanuit die bogenoemde te verdedig en te bestuur en jy kom ooreen om ten volle saam te werk met AfriForum Sakenetwerk gedurende verdedigings van so ’n aard.

Gebruik van die Webtuiste

TOEGELATE GEBRUIK VAN HIERDIE WEBTUISTE

Jy mag slegs op hierdie webtuiste vir legitieme, persoonlike, kommersiële en nie-kommersiële doeleindes soek en mag nie die webtuiste gebruik vir:

skadelike doeleindes; of

onwettige doeleindes; of

die bekendmaking, uitdeel of publikasie van inhoud wat aanstootlik, lasterlik, gereguleerd, foutief, onwaar, verbode, wederregtelik of skadelik kan wees vir enige persoon; of

die skep, stoor en stuur van ongevraagde kommersiële kommunikasie.

Name, e-posadresse, telefoon- en faksnommers wat op hierdie webtuiste gepubliseer is, mag nie opgeneem word in enige databasis wat vir elektroniese bemarking of soortgelyke doeleindes gebruik word nie. Geen toestemming word gegee of geïmpliseer dat inligting op hierdie webtuiste gebruik mag word om ongevraagde kommunikasie met lede op die AfriForum Sakenetwerk te hê nie, en alle regte uitvoerig meegedeel in afdeling 45 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, 25 van 2002 (“EKT-wet”) word voorbehou.

Indien jy inligting van hierdie webtuiste gebruik en sodoende hierdie gebruikersooreenkoms oortree, behou AfriForum Sakenetwerk die reg voor om skadevergoeding te eis en/of strafregtelike stappe teen jou te neem.

SAGTEWARE EN TOERUSTING

Dit is jou verantwoordelikheid om die nodige apparatuur, sagteware, kommunikasie-weë en internettoegangsrekeninge wat jou in staat stel om toegang tot die internet te verkry, hierdie webtuiste en/of die aflaai van inhoud van hierdie webtuiste, op jou eie onkoste aan te skaf en te onderhou.

INTEKENBESONDERHEDE EN WAGWOORDE

Jy onderneem hiermee om enige en alle wagwoorde wat benodig word vir toegang tot, of gebruik van, die webtuiste te bewaar. Jy sal wetlik gebind word deur enige handeling wat op hierdie webtuiste deur enige persoon met toegang tot jou profiel uitgevoer word. Hiermee vrywaar jy AfriForum Sakenetwerk van enige skade, verlies of skuld van enige aard na aanleiding van ongemagtigde toegang tot hierdie webtuiste.

JUISTHEID VAN JOU INLIGTING

Jy onderneem hiermee om seker te maak dat al die inligting wat jy aan AfriForum Sakenetwerk voorsien korrek is en deurentyd bygewerk word. Dit sluit in, maar is nie beperk tot jou naam en jou e-posadres nie. AfriForum Sakenetwerk is nie aanspreeklik vir enige skade, verlies of skuld van enige aard na aanleiding van enige wanvoorstelling deur jou nie. Indien jy versuim om jou inligting deurlopend by te werk, behou ons die reg voor om jou profiel op te skort of te verwyder.

INTELLEKTUELE EIENDOMSREG

Tensy anders vermeld is hierdie webtuiste, alle teks, beelde, handelsmerke, handelsname, logo’s en ander inhoud hierin vervat, insluitende en sonder beperking, AfriForum Sakenetwerk se logo en alle ontwerpe, teks, grafika, prente, afgelaaide inhoud, inligting, data, sagteware, klank- en videomateriaal en ander lêers, domeinname, webtuistes, patente, bronkode, meta-etikette, databasisse, hiperskakels, inhoud en die seleksie en rangskikking daarvan die wettige eiendom van AfriForum Sakenetwerk of sy lisensiehouers of gebruikers en word teen inbreuk beskerm deur die Suid-Afrikaanse en internasionale kopieregwette en verdrae en mag nie gereproduseer of toegeëien word op enige manier sonder dat AfriForum Sakenetwerk (of die ander onderskeidelike eienaars, indien van toepassing) vooraf skriftelike toestemming verleen het nie. Hierdie webtuiste en al sy inhoud en regte daartoe word voorbehou onder die naam van AfriForum Sakenetwerk.

Tensy spesifiek verbied word deur ’n gepubliseerde kennisgewing op enige webblad van hierdie webtuiste, mag daardie gedeeltes van die webtuiste wat jy redelikerwys benodig vir jou eie privaat, nie-kommersiële doeleindes, besigtig, afgelaai en/of gedruk word, op die voorwaarde dat die toepaslike eienaars kennisgewing en/of teensprake aan die kopie geheg is en dat die inhoud van die webtuiste nie op enige wyse gereproduseer, gewysig, aangepas of verwerk word nie.

Behalwe vir bogenoemde word alle ander gebruike van die webtuiste en sy inhoud verbied en sonder om bogenoemde se algemeenheid te beperk, is geen persoon geregtig om inhoud van hierdie aard sonder AfriForum Sakenetwerk se skriftelike toestemming vooraf te reproduseer, oor te dra, in die openbaar op te voer, uit te deel, aan te pas, te vertaal, te wysig, saam te bind, saam te smelt, te verdeel, beskikbaar te maak, te gebruik of uit te buit vir kommersiële en nie-privaat gebruik of om afgeleide werke van inhoud van hierdie aard te skep.

Jy mag nie die bronkode van hierdie webtuiste wysig, kopieer, gebruik, afbreek, en/of demonteer nie. Jy mag nie die logo’s, ikone of handelsmerke op hierdie webtuiste as hiperskakels, of vir enige ander doel, gebruik sonder skriftelike toestemming van AfriForum Sakenetwerk nie.

Hierdie webtuiste bevat materiaal wat deur AfriForum Sakenetwerk besit of gelisensieer word. Dié materiaal sluit in, maar is nie beperk, tot die ontwerp, uitleg, voorkoms, verskyning en grafika nie, en mag onderhewig wees aan kopiereg en/of ander ontwerp- en intellektuele eiendomsregte. Jy mag nie sulke inligting kopieer, dupliseer of gebruik, op ’n ander manier as waarop daar tussen ons en/of die eienaar ooreengekom is nie, of tot die punt waar sulke gebruik bykomend tot jou gebruik van die webtuiste is nie.

AKKURAATHEID VAN LEDE SE BESIGHEIDSINHOUD OP HIERDIE WEBTUISTE

AfriForum Sakenetwerk onderneem om, binne redelike perke, te verseker dat die inligting wat deur akkommodasie-instansies op hierdie webtuiste voorsien word korrek en op datum is.

Ons doen egter nie inspeksies van die instansies nie. Ons waarborg dus nie die akkuraatheid en volledigheid van die inligting wat voorsien word deur die instansies wat op hierdie webtuiste gelys is, of die inligting wat deur die gebruikers van die webtuiste voorsien word nie.

Jy word aangemoedig om enige onwaar, onakkurate, lasterlike, onwettige, inbreukmakende en/of skadelike inhoud wat op hierdie webtuiste is, onder AfriForum Sakenetwerk se aandag te bring, en ons sal redelike pogings aanwend om inhoud van hierdie aard, of ’n gedeelte daarvan, te wysig en/of te verwyder indien jy redelike gronde kan voorsien wat bewys dat die inhoud van hierdie aard is.

Alhoewel AfriForum Sakenetwerk alles in sy vermoë doen om te verseker dat die inligting op die webtuiste op datum en korrek is, is AfriForum Sakenetwerk nie aanspreeklik vir enige verlies, skending, skade (hetsy direk, as gevolg daarvan, algemeen of spesiaal) of enige koste van enige aard wat, direk of indirek, veroorsaak word deur die gebruik van, voorsiening van of vertroue op enige inligting of dienste voorsien deur of aan AfriForum Sakenetwerk deur hierdie webtuiste nie.

DIENSONDERBREKINGS

Ons onderneem om ons webtuiste, die netwerkportaal en die tegnologie wat dit ondersteun te handhaaf, maar ons maak geen voorstelling of waarborge, geïmpliseerd of andersins, dat, onder andere, die inhoud en inligting wat beskikbaar is op hierdie webtuiste sonder foute of weglatings is, of dat die diens sonder onderbrekings of foute sal wees nie. AfriForum Sakenetwerk sal nie aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of skuld van welke aard ook al wat voortspruit uit enige foute wat bestaan, of wat van tyd tot tyd kan ontstaan, in AfriForum Sakenetwerk se diens nie. Jy word aangemoedig om enige moontlike foutwerkings of foute aan AfriForum Sakenetwerk te meld.

Bowendien sal AfriForum Sakenetwerk nie aanspreeklik wees vir enige direkte of indirekte verlies of skade wat opgedoen word as gevolg van die “kuberkraking” van hierdie webtuiste, beplande of onbeplande onderbrekings, of die optrede van diensverskaffers, insluitende alle relevante gasheer- en toerustingverskaffers nie. Hiermee vrywaar jy AfriForum Sakenetwerk ten opsigte van enige eis wat vooruitspruit uit enige “kuberkraking” of onderbreking van diens.

GEBRUIK VAN HIPERSKAKELS

AfriForum Sakenetwerk is nie verantwoordelik vir die inhoud, beskikbaarheid, produkte en/of dienste van enige ander webtuiste waarvan af jy toegang tot AfriForum Sakenetwerk gekry het, of wat jy via ’n hiperskakel op AfriForum Sakenetwerk kan bereik nie. Waar ons ’n hiperskakel na ’n derde party se webtuiste voorsien, doen ons dit in die oortuiging en vertroue dat so ’n webtuiste inligting bevat, of mag bevat, wat relevant is vir AfriForum Sakenetwerk. ’n Hiperskakel van hierdie aard gee nie te kenne dat AfriForum Sakenetwerk die derde party se webtuiste of sy inhoud, produkte en/of dienste hersien of goedgekeur het nie, dit impliseer ook nie dat AfriForum Sakenetwerk die inhoud, produkte en/of dienste van hierdie webtuistes aanbeveel, onderskryf, ondersteun of daarmee assosieer nie.

Hierdie webtuiste mag nie op enige manier hoegenaamd geraam word sonder dat toestemming vooraf en skriftelik deur AfriForum Sakenetwerk verleen is nie.

SEKURITEIT

Die Maatskappy sal alle redelike stappe neem om die inhoud van hierdie webtuiste en die inligting wat van jou verkry is, te beskerm teen ongemagtigde toegang en/of bekendmaking. AfriForum Sakenetwerk maak egter geen voorstellings en waarborg nie dat die inhoud van hierdie webtuiste heeltemal veilig is nie.

Ons beveel aan dat jy anti-virussagteware installeer voor jy enige inligting van hierdie webtuiste aflaai en seker maak dat hierdie sagteware versoenbaar is met jou toerusting en gereeld bygewerk word.

Jy mag nie enige skadelike kode, soos rekenaarvirusse, robotte of spioenware, aan hierdie webtuiste of die bediener en rekenaarnetwerk wat hierdie webtuiste ondersteun, aflewer of probeer aflewer, hetsy doelbewus of weens nalatigheid, nie. Nieteenstaande kriminele vervolging, as jy skadelike kode aan hierdie webtuiste aflewer of probeer aflewer, hetsy doelbewus of weens nalatigheid, vrywaar jy AfriForum Sakenetwerk, sonder enige beperking, teen enige en alle verliese, aanspreeklikheid en skade wat AfriForum Sakenetwerk mag opdoen as gevolg van so ’n aflewering, poging of skadelike kode.

Jy mag nie enige toestel of program ontwikkel, uitreik of gebruik wat ontwerp is om die sekuriteitsmaatreëls van enige beperkte bladsye, produkte of dienste op hierdie webtuiste te verbreek of te oorkom nie, en AfriForum Sakenetwerk behou die reg voor om skadevergoeding te eis van enige persone wat direk of indirek betrokke is by die ontwikkeling, gebruik en uitreiking van sulke toestelle of programme.

As jy enige van die misdrywe pleeg wat uiteengesit word in afdelings 85 tot 88 van die EKT-wet, sal jy, nieteenstaande enige kriminele vervolging, aanspreeklik wees vir enige verlies, verpligtinge en skade wat deur AfriForum Sakenetwerk opgedoen kan word as gevolg van, of wat verband hou met sulke misdrywe.

TOEGANG TOT DIE WEBTUISTE

AfriForum Sakenetwerk behou die reg voor om jou toegang tot hierdie webtuiste enige tyd te beperk, op te skort of te beëindig indien jy hierdie gebruiksbepalings volgens AfriForum Sakenetwerk oortree het. So ’n beperking, opskorting of beëindiging sal sonder vooroordeel wees jeens enige regte wat AfriForum Sakenetwerk teen jou mag hê in verband met so ’n oortreding.

AfriForum Sakenetwerk het die reg om hierdie webtuiste in sy geheel, of enige afdelings of eienskappe van hierdie webtuiste, te verwyder sonder kennisgewing. AfriForum Sakenetwerk bied nie enige waarborge of vertoë dat hierdie webtuiste te alle tye, of op ’n spesifieke tyd, beskikbaar sal wees nie.

GEEN WAARBORG

Hierdie webtuiste word voorsien op ’n “soos dit is”-basis, sonder enige waarborge van welke aard ook al, uitdruklik of geïmpliseer, wat betref die werking van hierdie webtuiste, die akkuraatheid van die inligting of die produkte of dienste waarna verwys word op hierdie webtuiste en is nie saamgestel of voorsien om aan jou individuele behoeftes te voldoen nie. Dit is alleenlik jou verantwoordelikheid om jouself tevrede te stel, voor jy hierdie gebruikersooreenkoms met AfriForum Sakenetwerk sluit, dat die diens beskikbaar van en deur hierdie webtuiste sal voldoen aan jou individuele behoeftes en versoenbaar is met jou hardeware en/of sagteware.

Privaatheidsbeleid

TOEPASBAARHEID

Hierdie privaatheidsbeleid is slegs van toepassing op AfriForum Sakenetwerk. AfriForum Sakenetwerk mag hiperskakels vanaf en na ander webtuistes (geskakelde webtuistes) bevat wat nie onder die beheer van AfriForum Sakenetwerk val of deur AfriForum Sakenetwerk se privaatheidsbeleid gelei word nie. Dit is jou verantwoordelikheid om die privaatheidsbeleide van hierdie geskakelde webtuistes na te gaan en AfriForum Sakenetwerk kan nie aanspreeklik gehou word indien die eienaar van hierdie geskakelde webtuistes hul eie of AfriForum Sakenetwerk se privaatheidsbeleide oortree nie. Verder impliseer die aanwesigheid van sulke hiperskakels op AfriForum Sakenetwerk se webtuiste nie ’n goedkeuring, ooreenkoms oor of ondersteuning van die inhoud, produkte en/of dienste op die geskakelde webtuiste nie en AfriForum Sakenetwerk is geensins verantwoordelik vir die inhoud of die privaatheid- en sekuriteitsbeleide van die geskakelde webtuistes nie.

TIPES INLIGTING WAT VERSAMEL WORD

Wanneer jy registreer by die AfriForum Sakenetwerk se webtuiste is dit vir ons nodig om spesifieke inligting oor jou in te samel. Hierdie inligting kan insluit, maar is nie beperk tot, jou:

Volle naam

E-posadres

Besigheids- of huisadres

Werkgewer/geaffilieerde organisasie

Kontaktelefoonnommers

Geboortedatum

Rede vir besoek van webtuiste

Bedoelde gebruik van versoekte inligting

Jou paspoort- of ID-nommer

Vrywillige resensies van verskaffers

Die persoonlike inligting wat hierbo genoem word sal elektronies, deur middel van “cookies” (soos meer volledig hier onder verduidelik) ingesamel word, of vrywillig deur jouself voorsien word.

VERSKAFFERRESENSIES

AfriForum Sakenetwerk kan verbruikers vra om verskaffers te resenseer ná hulle dienservaring. Hierdie resensies sal altyd vrywillig wees. Deur enige inhoud te laai, in te handig of op enige manier beskikbaar te maak of by te dra in ’n kliënt resensie op AfriForum Sakenetwerk se webtuiste vergun jy AfriForum Sakenetwerk ’n onbeperkte, wêreldwye, nie-eksklusiewe, onherroeplike, altyddurende, outeursdeelvrye, volledig opbetaalde, reg om te gebruik, maak, gemaak het, herproduseer, te vertoon, op te voer, te publiseer, op te laai, te pos, te verander, afgeleide werke daarvan te skep, oor te dra, uit te deel, te verkoop, te koop aan te bied en te sub-lisensieer of andersins daardie materiale of inligting of aanpassings daarvan oor te dra. Jy gee ook AfriForum Sakenetwerk die reg om derdepartye toestemming te gee om sekere dele, of alles van die voorafgenoemde te doen, insluitende, maar nie beperk tot, ander die sub-liseniëring te gee om sommige of alles van die voorafgenoemde onbepaald te doen.

Jy gee weer en waarborg dat jou voldoende regte in daardie inhoud of inligting het om hierdie regte en lisensies te vergun. Hierbenewens kies jy om afstand te doen van enige toerekeningsregte tot die inhoud wat jy indien.

Hierbenewens, deur inhoud in ’n kliëntresensie op AfriForum Sakenetwerk se webtuiste op te laai, in te dien of op ’n ander manier beskikbaar te maak, vergun jy aan Die AfriForum Sakenetwerk die reg om jou volle naam en geboorteland naby die geheel, gedeelte of afleiding van jou ingediende resensieinhoud enige plek op AfriForum Sakenetwerk se webtuiste te vertoon.

STAAK NUUSBRIEF EN KOMMUNIKASIE

Jy kan te eniger tyd uitteken deur op die uittekenskakel aan die onderkant van al ons e-poskommunikasies te kliek, wat jou outomaties van die lys sal verwyder.

Kontak ons asseblief te eniger tyd indien jy wil hê jou inligting moet van ons aktiewe databasisse verwyder word.

VERSPREIDING VAN INLIGTING AAN DERDE PARTYE

Benewens die beleide en prosedures wat ons gebruik om jou data te beskerm, word jou persoonlike data ook beskerm deur die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002.

Onderhewig aan die res van hierdie beleid, sal AfriForum Sakenetwerk nie persoonlike inligting met ander derde partye sonder jou toestemming deel nie, tensy deur wetstoepassingsaksie, dagvaarding of toepaslike wet of regulasie genoop word om dit te doen.

AfriForum Sakenetwerk verhuur, verkoop, leen of versprei nie inligting wat deur jou verskaf is aan derde partye nie.

Persoonlike inligting wat aan AfriForum Sakenetwerk gegee is, kan oor staats- en landsgrense geneem word vir die doeleindes van die konsolidasie en stoor van data en vereenvoudigde bestuur van kliënte-inligting. Van die lande waarna jou persoonlike inligting gestuur word, voorsien nie noodwendig dieselfde statutêre beskerming van jou data as Suid-Afrika nie.

AfriForum Sakenetwerk is geregtig om hierdie inligting bekend te maak aan sy filiale en geaffilieerdes en daardie verskaffers wat deur AfriForum Sakenetwerk genader word om data namens AfriForum Sakenetwerk te verwerk. AfriForum Sakenetwerk kan ook saam met ’n ander sake-entiteit smelt of aangekoop word deur so ’n entiteit of organisasie. In so ’n geval is AfriForum Sakenetwerk geregtig om sommige of al jou persoonlike inligting met die entiteit wat AfriForum Sakenetwerk aankoop of waarmee AfriForum Sakenetwerk saamsmelt (wat hierdie inligting op geen ander manier as vir die doeleindes soos uiteengesit in hierdie beleid mag gebruik nie) te deel. AfriForum Sakenetwerk sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade van enige aard wat voortspruit uit onbedoelde gebruik van enige inligting wat aan so ’n aankopende of saamsmeltende entiteit voorsien is nie.

TOEGANG, AKKURAATHEID EN WYSIGING VAN DATA

AfriForum Sakenetwerk sal redelike pogings aanwend om al jou persoonlike inligting akkuraat te hou. Jy sal altyd voorsien word van toegang tot hierdie inligting en die geleentheid om dit te laat korrigeer.

Ons sal seker maak dat alle onakkuraathede of onvolledige inligting so gou as moontlik gekorrigeer word. Redelike stappe sal geneem word om jou identiteit te bevestig voordat toegang tot jou inligting gegee word. As jy wil hê jou persoonlike inligting moet geskrap word van ons rekords, sal ons seker maak, met kennisgewing deur jou, dat dit so gou as redelik moontlik onder die omstandighede gedoen word.

NIE-IDENTIFISEERBARE EN STATISTIESE INLIGTING

AfriForum Sakenetwerk het alle reg tot die nie-persoonlike statistiese inligting wat deur AfriForum Sakenetwerk versamel en saamgestel is.

SEKURITEIT VAN PERSOONLIKE INLIGTING

AfriForum Sakenetwerk sal alle redelike stappe neem om jou persoonlike inligting te beskerm. In die onwaarskynlike geval dat die sekuriteit van jou persoonlike inligting wat in ons besit is in gedrang kom, sal ons jou so gou as redelik moontlik daarvan in kennis stel.