Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI)

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) is in Junie 2020 bekragtig en vereis dat alle organisasies vanaf 2021 volledig aan die bepalings van dié Wet moet voldoen om regsaksie teen hulle te verhoed.

AfriForum bied ’n gratis kursus vir ondernemings aan om seker te maak werkgewers en werknemers ken dié Wet.

Gratis aanlyn kursus: Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI)

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) is in Junie 2020 bekragtig en vereis dat alle organisasies vanaf 2021 volledig aan die bepalings van dié Wet moet voldoen om regsaksie teen hulle te verhoed.

Die kursusinhoud:

  • bied ’n oorsig van die algemene wetgewing oor inligtingsbeskerming;
  • omskryf die regte van die persoon wie se inligting ter sprake is;
  • skep bewustheid oor jou verantwoordelikheid as werknemer wat inligting namens die maatskappy verwerk; en
  • sit die gevolge van die nienakoming van die wet uiteen.