24-02-2023 | AFRIFORUM SPORT- EN AFRIFORUM SAKENETWERK-GHOLFDAG 2023

AfriForum Sport en AfriForum Sakenetwerk hou op 24 Februarie 2023 ’n gholfdag by Wingatepark Buiteklub wat jy nie wil misloop nie.

Om 09:30 sal uitstallers na hul bemarkingspasies op die bowwe beweeg en seker maak dat hulle optimale waarde uit die dag kry, terwyl die spelers sal begin met registrasie en hul verwelkomingsgeskenke sal ontvang. Die spelformaat vir die dag is ’n vierbalalliansie (“two scores to count”) en daar sal verskeie pryse te wen wees op die baan.

Elke speler kan daarna uitsien om tydens die aandfunksie ’n prys met ’n lekker kinkel in die kabel i.t.v. die allokasie van pryse te ontvang. Spelers en uitstallers kan ’n aand van lekker vermaak te wagte wees met ’n gaskunstenaar en ’n paar sportlegendes wat teenwoordig gaan wees.

Hierdie dag het nie slegs ten doel om AfriForum Sport en AfriForum Sakenetwerk se projekte en doelwitte vir die jaar met jou te deel nie, ons skep ook genoegsame geleentheid om gesellig te verkeer en jou sakenetwerke te verbreed.

Koste:

R4 000/vierbal wat speelfooie, gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, ’n gholfhemp, middagete en aandete insluit.
R1 500/bofborg

Daar is slegs 36 vierballe en 18 bowwe beskikbaar. Jy wil nie hierdie geleentheid misloop nie.

Indien jy as individu of organisasie op ’n ander wyse by die dag betrokke wil raak, kontak ons asseblief by sport@afriforum.co.za.

Registreer