47 Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings beloon

AfriForum | Mediaverklaring | 1 Maart 2024

AfriForum Sakenetwerk het vanjaar oudergewoonte innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings beloon. Hierdie jaar het 47 ondernemings ’n Tinteltong Toekenning gekry vir hulle bydra tot die bevordering van Afrikaans as besigheidstaal.

Deur die loop van Februarie het die AfriForum Sakenetwerk-span vyf Tinteltong Toekennings-geleenthede in vyf streke aangebied.

“Dit is ongelooflik om te dink dat ons in 2016 net vier Tinteltong Toekennings uitgedeel het en dat ons só gegroei het dat ons hierdie jaar 47 ondernemings, wat in Afrikaans handel dryf, met hierdie toekenning kon beloon,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk.

Toe dié toekennings in 2016 begin het, het AfriForum bevind dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is. Daarom doen dié organisasie moeite om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans lewer. Die doel van hierdie toekennings is om ondernemings te beloon, maar ook om ander ondernemings te motiveer om besigheid in hul hartstaal te doen. 

“Ons wou graag in 2024 die meeste toekennings nóg uitdeel aangesien daar soveel oulike ondernemings is wat dit verdien. Ek kan nou met sekerheid sê dat ons in ons doel geslaag het,” sluit Van der Walt af.

Die wenners in die onderskeie streke is as volg:

Gauteng en Mpumalanga:

  • Bloos Cosmetics
  • Craft Braai Pty (Ltd.)
  • Die Kaaskamer
  • Foxi Original
  • Grondpad Vellies
  • Is Moz Bos
  • Kaalwoorde
  • Kind-Tweens en Tieners
  • NutriFundi
  • Rocket Boutique Distillery
  • SteynIP
  • Soetsakkig
  • Wild Flower Boutique

Noordwes en Limpopo:

  • Brandefyn
  • Die Krat Padstal
  • Eersteklas Aanlyn
  • Roekeloos Fibre
  • Roosmaryn
  • Die Dromers Mark
  • Meelbestrooid
  • Kleinplaas Pype
  • Ruah

Suid-Kaap en Oos-Kaap:

  • Allegaartjie
  • Hoep-Hoep Babaontwerpe
  • Kasselshoop Kaas
  • Kapoet Padstal
  • Loka Boetiek
  • Mooi Uitsig Kombuis
  • Piekant Piekniek
  • Seebederfie
  • Stilbaai Kelders

KwaZulu-Natal en Wes-Kaap:

  • Anna Beleef
  • Flambojant
  • Gesalfde
  • Idees vol vrees
  • Koue Koffie Boeke
  • Opgedollie
  • Van Eeden Belasting

Vrystaat en Noord-Kaap:

  • Babbelliefies
  • Boetiek
  • Boet en Sus
  • Eden & co.
  • Hartsgoed
  • Justbliss
  • Oortreflik
  • The Fat Butcher
  • Varsgepars