Besigheidsbytjies: Opleiding vir jong entrepreneurs

AfriForum Sakenetwerk se projek, Besigheidsbytjies, is begin met die doel om kinders bewus te maak van entrepreneurskap en die deure wat dit vir ons in Suid-Afrika kan oopmaak. Hierdie projek word sedert 2019 aangebied en gedryf deur die Sakenetwerk- en jeugleierskapspan by AfriForum. Hulle passie is entrepreneurskap en jeugleierskap en saam vorm hulle ’n gedugte span wat graag nuwe projekte aanpak wat opvoedkundig én pret is.

In 2023 het hiérdie span besluit om opleiding aan te bied vir kinders van nege- tot 18-jarige ouderdom. Dié opleiding vind in die vakansie plaas, ideaal vir almal om by te woon. 

Kom kuier saam met die Besigheidsbytjies-span, Albert van Wyk en Akademia, almal kenners op hulle gebied, wat die oggend hulle kennis met alle voornemende jong entrepreneurs sal deel.

Ons leer meer oor mentorskap, bemarking en verkope, en finansiële beplanning.

Wanneer: 27 Maart 2023

Tyd: 09:00–12:30

Waar: Koshuis@Leriba (Endlaan 245, Clubview, Centurion, 0157)

Koste: R50.00 per persoon (alle verversings is ingesluit)

Om jou kind se plek te bespreek, klik gerus hier: https://afriforum.co.za/opleiding-vir-jong-entrepreneurs/.

Ouers is welkom om kinders die oggend af te laai en weer stiptelik om 12:30 op te laai. Alternatiewelik, kan ouers saam die oggend bywoon wat dan ook R50 per ouer ekstra sal wees. Ouers van kinders wat jonger as tien is en graag hul kinders wil bring, moet asb. die kind vergesel.

Navrae kan gerig word aan: sanderien@afriforum.co.za of tania.scheepers@afriforum.co.za.