Entrepreneursfokus: Kwikstert

Kwikstert is ’n eenstop-oplossing vir bemarkingstegnologiedienste vir jou onderneming. Hul doelwit is om jou onderneming se bemarkingsvennoot te word. Dié trots-Afrikaanse bemarkingsmaatskappy is in Oktober in 2019 gestig in reaksie op die tekort aan Afrikaanse bemarkings- en kreatiewe dienste en met die oog daarop om die Afrikaanse mark te bedien. Kwikstert is begin as die Afrikaanse been van die maatskappy My Business Guide Media (MBG), wat reeds in 2010 gestig is. Christian van der Walt en Anné van Zyl se passie vir die Afrikaanse taal het hulle geïnspireer om dienste in Afrikaans aan klein- en mediumbesighede beskikbaar te stel. Die Kwikstert-sakemodel was sommer van die begin af ’n treffer. In dieselfde jaar as hul stigting het hulle die Tinteltong-toekenning vir die beste nuweling gewen. Hul dienste sluit in:

Webtuistes

Kwikstert bou en bestuur hulle kliënte se webtuistes en optimaliseer die webtuistes om mobiel-vriendelik te wees. Al hul webtuistes sluit SEO en Google Analytics in.

Ontwerp

Hulle dienste sluit ’n wye reeks grafiese ontwerp in, onder meer sosialemediaontwerp, logo-ontwerp, T-hempontwerpe en meer. Laat jou verbeelding op loop gaan oor wat jóú onderneming nodig het, en Kwikstert kan dit ’n werklikheid maak.

Promosiemateriaal

Omdat Kwikstert ’n eenstopvennoot vir al jou bemarkingsbehoeftes is, kan hulle ook baniere, gazebo’s, klere, pamflette en enige ander gedrukte materiaal vervaardig.

Video’s en foto’s

Kwikstert neem en redigeer ook foto’s en video’s vir jou onderneming se unieke behoeftes. Hulle spesialiseer in die neem en redigeer van al jou mediabehoeftes, van promosievideo’s tot produkfoto’s.

Sosialemediabemarking

Kliënte kan ook saam met hulle kliënte ’n bemarkingstrategie vir hulle sosialemedia- en aanlyn-bemarking skep. Voorts kan kliënte ook kies dat Kwikstert hulle sosialemedia-platforms bestuur, wat groter en meer effektiewe aanlynteenwoordigheid skep.

Met hul breë verskeidenheid dienste is Kwikstert die ideale bemarkingsvennoot vir Afrikaanse ondernemings. Hoewel hulle nog jonk is, is hulle deurlopend besig om nuwe dienste te ontwikkel, en hulle skryf hul sukses toe aan ’n uitblinkerspan wat kreatief hul kliënte se probleme oplos, hul passie vir Afrikaans en hul verantwoordbaarheid teenoor hulle kliënte.