#MyDorp – Bedrywig in Bloemfontein

Hierdie week verruil ons die rustige klein dorpies van die Vrystaat vir ‘n besiger Bloemfontein. Is jy gereed vir nog ‘n #MyDorp avontuur? Bring padkos, pak jou oornagsak en kom saam!

Slaap hier

Liedjiesbos Bed en Ontbyt

“By Liedjiesbos wy ons ons daaraan toe om die omgewing te bewaar. Hierdie denkwyse inspireer ons om slegs inheemse plante te plant en sover moontlik net van natuurlike produkte en metodes gebruik te maak.”

 width=

 width=

Eet hier

Iewers Nice

Iewers Nice is die antwoord op die vraag: “Liefie, waar wil jy gaan eet?” en dit is behoorlik nice. Iewers Nice het goeie kos, ‘n atmosfeer waar jy net jouself wil tuismaak en hulle beskryf die algemene gevoel van die restaurant as ‘n veilige omgewing. So bederf jouself en gaan eet Iewers NIce.

 width=

Ouma se Kombuis

Ons almal verlang soms na ‘n lekker bord boerekos want in ons alledaagse gejaag na wind is daar selde tyd om jouself of jou gesin te bederf met ‘n bord gekookte kos. Ouma se kombuis is die antwoord op jou vrae. By Ouma se Kombuis kan jy ‘n bord boerekos koop om by die huis op te warm of jy kan jouself sommer net daar bederf met ‘n warm bord gekookte kos.

 width=

Koop hier

Liesel Wessels Art

Kuns bou mens se siel op, kikker jou omgewing op en maak sommer net die lewe beter. Liesel Wessels skep meesterstukke en sy doen selfs portrette op spesiale versoek.

 width=  width=