#MyDorp – ‘n Avontuur deur die Noord-Kaap

AfriVriendelik kuier elke maand by ’n provinsie in ons mooi land, dit is ‘n virtuele kuier waar ons kyk na die oulike ondernemings wat in verskillende dorpies is. In September maak ons ’n virtuele draai in die Noord-Kaap en hierdie week stop ons op Upington en Pofadder om te sien wat hulle bied.

Kom kuier saam met ons dan wys ons jou waar jy kan eet, slaap, koop of net ‘n lekker draai kan loop!

 

Slaap hier

Die Kalaharihuis

 width=

Hierdie gastehuis, geleё in Upington, is die ideale plek om te kom slaap en die rustigheid van die Kalahari te ervaar. Die gastehuis het stylvolle slaapkamers met lugversorging, wat perfek vir gesinne of groepe vriende is. Daar is ook selfsorggeriewe beskikbaar vir diegene wat graag self wil kosmaak. Die gastehuis het ook ’n groot stoep, waar gaste heerlik kan ontspan en die pragtige omgewing kan inneem. Die Kalaharihuis is in die hartjie van Upington en verskeie lekker aantreklikhede is in die omliggende omgewing te vinde.

Pofadder Inn

 width=

Pofadder Inn bied gerieflike, moderne selfsorg-kamers met lugversorging. Daar is ook ‘n heerlike restaurant, kroeg en ‘n swembad om af te koel. Die hotel bied ook kapasiteit en geriewe vir konferensies, troues en spesiale geleenthede.

 

Eet hier

Cafe Zest

 width=

Hiér by Cafe Zest in Upington, kry jy die beste eet-ervaring in die Kalahari, met plaaslike en ander spyskaartitems wat aangebied word. Kom ervaar die Zest met hul heerlike voorgeregte, hoofgeregte, nageregte en tuisgemaakte pizzas.

 

Koop hier

5 Goats Coffee Co.

 width=

As ‘n trotse Noord-Kaap gebaseerde onderneming, lewer 5 Goats Coffee Co. ‘n verskeidenheid verskillende koffies en koffie-bykomstighede aan individue wat goeie kwaliteit koffie geniet.

Die 5 Goats Coffee Co. is ‘n trots Suid-Afrikaanse vervaardiger van bobaas gehalte koffies. Hulle voer van die beste koffie bone in van reg oor die wêreld om te verseker dat hulle produkte se kwaliteit in ‘n internasionale mark kan meёding.

Die maatskappy is vernoem na die 5 inheemse veldbok eko-tipes wat voorkom in Suid-Afrika. Behalwe om top kwaliteit koffies op die mark te plaas, is hulle ander hoof doel om die publiek meer bewus te maak oor die bedreigde veldbokke wat in Suid-Afrika voorkom, asook om hulle te help bewaar. Met elke 5 Goats koffieproduk wat verkoop word, gaan ‘n sekere persentasie van die verkope, na die bewaring en beskerming van hierdie pragtige diere.

 

Kalahari Mall

 width=

 

Kalahari Mall is die enigste streekswinkelsentrum in Upington en is ideaal geleë op pad na die gewilde Kgalagadi-oorgrens Nasionale Park, Augrabies Falls Nasionale Park, die Oranjerivierwynroete en die Blomme van Namakwaland.

Die winkelsentrum het in September 2013 sy deure geopen en met bykans 60 winkels, is daar ‘n groot verskeidenheid produkte, dienste en ontspanningsopsies om van te kies en te geniet. Met gratis onderdakparkeerplek bied Kalahari Mall ‘n unieke inkopie-ervaring in ‘n verwelkomende kleinhandelomgewing wat moderne lugversorging insluit om die Upington-hitte te verslaan.

Besoek Kalahari Mall vandag vir die beste inkopie-ervaring wat die Noord-Kaap kan bied!

 

Pofadder Auto – Kontreiwinkel

 width=

 

Pofadder Auto is jou een-stop-winkel vir allerhande lekker gebak, geskenke, huisversierings en aandenkings.

Kom loer gerus in – Hier by Pofadder Auto is ietsie lekkers, ietsie moois en ietsie om Pofadder mee te onthou!