#MyDorp – ‘n Avontuur na Graaff-Reinet en Willowmore

AfriVriendelik kuier elke maand by ’n provinsie in ons mooi land, dit is ‘n virtuele kuier waar ons kyk na die oulike ondernemings wat in verskillende dorpies is. In Augustus maak ons ’n virtuele draai in die Oos-Kaap en hierdie week stop ons op Graaff-Reinet en Willowmore om te sien wat hulle bied.

Kom kuier saam met ons dan wys ons jou waar jy kan eet, slaap, koop of net ‘n lekker draai kan loop!

Slaap hier

Aan die Oewer Graaff-Reinet

 width=

Kom geniet die gemak en die rustigheid van Aan die Oewer Gastehuis se pragtige 3-ster geriewe en topgehalte diens. Hierdie gastehuis is op die oewer van die Sondagsrivier geleë, in ‘n stil deeltjie van dié geskiedkundige dorpie. Aan die Oewer bied aan hul gaste ‘n bed en ontbyt of selfsorgverblyf in Graaff-Reinet.

Verberg Herberg

 width=

Verberg Herberg Inn Willowmore, bied ‘n keuse van vier goed ingerigte gastekamers en een selfsorgkothuis.

Gaste kan tydens hul verblyf by Verberg Herberg uitsigte oor die majestueuse Swartberg-reeks geniet en rustig ontspan in die stilte.

 

 

Eet hier

Polka Cafe. Bakery. Deli

 width=

Hierdie geskenkwinkel en restaurant is ideaal geleё in die hartjie van Graaff-Reinet, so indien jy hier verby ry, maak gerus ’n stop en kom ervaar alles wat hierdie wonderlike plek aan jou kan bied.

Polka Cafe het altyd vars gebakte brood, goeie koffie, tuisgemaakte konfyt, wyn, terte, blomme en ietsie lekker vir die 1. hou van soetgoed/2. is lief vir soetgoed in elkeen van ons.

“Ons inspireer, ons is lief vir en ons leef in die Karoo”

Kapoet Padstal

 width=

Hierdie Padstal is ‘n moet, wanneer jy deur Willowmore ry. Hulle het lekker koffie, koek en ander interessante lekkernye en kos wat deur vriendelike gesigte bedien word.

Kom ervaar die Karoo op sy beste by Kapoet Padstal.

Koop Hier

Karoo LTD Clothing

 width=

Karoo LTd Clothing in Willowmore is ‘n unieke Suid-Afrikaanse handelsmerk, wat geïnspireer is deur die skoonheid en kleure van die Karoo.

Die klere is van die hoogste gehalte, met outentieke Suid-Afrikaanse afdrukke gemaak en hulle hooffokus is kinderklere.