#MyDorp – Van Postmasburg na Kimberley

Teen dié tyd weet almal al dat AfriVriendelik daarvan hou om ‘n virtuele toer deur ons mooi land se oulike dorpe te vat en by ondernemings in te loer. Hierdie week is geen uitsondering nie, ons het ‘n draai gaan maak in Kimberley en Postmasburg om te sien wat hulle bied.

As jy weet van oulike ondernemings wat nie op ons lys is nie, stuur vir ons ‘n boodskap, ons wil graag van julle hoor!

Koop hier

Tinka’s Bloemiste

Of jy nou ‘n blomme soek vir ‘n spesiale geleentheid of sommer net vars geure soek om jou eie lewe op te kikker dan is Tinka’s Bloemiste die regte plek vir jou!

 width=

Groenmyn Kwekery

Maak jou tuin self mooi met behulp van pragtige blomme, bome en tuin dekor van Groenmyn Kwekery. Hulle bied ‘n groot verskeindenheid plante teen kompeterende pryse. As jy honger is kan jy ook sommer iets by die Deli te ete kry! So wikkel, en gaan maak ‘n draai!

 width=

Slaap hier

Soetfontein Gasteplaas

Net so katspoegie buite Postmasburg lê die Soetfontein Gasteplaas. Kom geniet hier ‘n heerlike nagrus of maak Soetfontein Gasteplaas die agtergrond vir jou spesiale geleentheid – of dit nou jou troue, verjaarsdag of selfs ‘n konferensie is. Soetfontein Gasteplaas het iets vir jou.

 width=

Eet hier

Oopsy Daisy Kimberley

By Oopsy Daisy kry jy sommer die hele pakket! Hier kan jy ontbyt of middagete geniet, aandetes bestel, deel neem aan spesiale eetplanne en jy kan bestellings plaas vir peuselhappies vir jou spesiale funksie! Alles sommer onder een dak

 width=