#MyDorp – Voel welkom in Welkom en Kroonstad

Dit is weer tyd vir #MyDorp! Hierdie week het ons die oulike ondernemings in Welkom en Kroonstad gaan opsoek. Ons vertel jou waar jy kan eet, koop en slaap in hierdie twee dorpe,

Koop hier

Alma Kwekery

Bederf jouself en jou tuin by Alma Kwekery. Kruie, vrugtebome, roosbome en nog baie meer is hier te vinde.

 width=

Lily’s Poetry

Lily’s Poetry in Kroonstad het ietsie van alles. Kom verdwaal tussen dekor items, mode items en lekkernye.

 width=

Eet hier

Groenhuijs

Om plante te soek vir jou tuin kan uitputtend wees. Hoe klink heerlike cappuccino met room en varsgebakte skons vir ‘n bederf? Groenhuijs is ideaal geleë op dieselfde perseel as Alma Kwekery.

 width=

Oudorp Restaurant en Craft Bier

Oudorp Restaurant is die perfekte plek om te ontspan na ‘n lang dag van rond ry en oulike winkels besoek. Geniet heerlike kos en unieke biere

 width=

Slaap hier

Soeteweide

Soeteweide is in ‘n stil woonbuurt in Welkom geleë en bied ideale selfsorgverblyf aan ‘n oornagbesoeker of reisiger.

 width=

Oppikoppi Gastehuis

OppiKoppie Gastehuis bied nie net slaapplek nie maar ook ‘n pragtige venue vir jou spesiale geleentheid.

 width=