’n Avontuur deur die Oos-Kaap – deel 1

AfriVriendelik kuier elke maand in ’n provinsie van ons mooi land. Dit is ’n virtuele kuier by al die oulike ondernemings wat in die verskillende dorpies is. In Augustus maak ons ’n draai in die Oos-Kaap, en hierdie week loer ons by Humansdorp en Uitenhage in om te sien wat hulle bied.

Kom kuier saam met ons, dan wys ons jou waar jy kan eet, slaap, koop of sommer net ’n lekker draai kan loop!

Eet hier

Le Chameleon

Le Chameleon is een van Suid-Afrika se bekendste dagrestaurante by die toegangspoort tot die Tuinroete, en staan ook bekend as een van die gewildste eetplekke in die Oos-Kaap. As jy die winkel instap, groet die heerlike geur van kos wat in gietysterpotte gekook word, tuisgebakte koekies en beskuit, en eksotiese speserye jou by die deur. By die bakkery kan jy die enorme Chelseabolletjies kry wat ons sedert 1994, toe die winkel geopen het, beroemd gemaak het. Le Chameleon het ook ’n pragtige geskenkwinkel en teetuin waar besoekers kan ontspan.

 width=

Slaap hier

Barklystraat Gastehuis

Barklystraat Gastehuis is gerieflik in Uitenhage in die Oos-Kaap geleë en bied verblyf in 6 en suite-kamers. ’n Heerlike Engelse ontbyt en aandete word op versoek bedien; so – jy hoef nie kos te maak nie, jy kan bloot die pragtige dorp gaan verken. Die gastehuis het ook twee goed toegeruste konferensiekamers waar jy ’n sakegeleentheid kan hou. Die Barklystraat Teater is op dieselfde perseel en van die land se beste kunstenaars tree naweke hier op.

 width=

Eet hier

Amper Karoo

Amper Karoo Kombuis is jou eenstopkontak vir spyseniering, partytjies en funksies in Uitenhage, en wat sorg dat jou geleentheid altyd met die beste spyseniering spog. Amper Karoo is die enigste verskaffer aan al die gastefasiliteite van Uitenhage Stay, en is ook ’n openbare en kommersiële spysenieringsdiens.

 width=

Koop hier

Iewers in Uitenhage

“Iewers in Uitenhage kan ek my lag nie hou nie” – Indien jy opsoek is na ’n pasgemaakte T-hemp, is Iewers in Uitenhage net die plek vir jou!

 width=

Kuier hier

Danskraal Uitenhage

Danskraal is die ideale plek vir alle partytjies – groot en klein – in Uitenhage. Die lokaal beskik oor ’n kombuis, ’n volledige kontantkroeg met kaartgeriewe én braaiareas!

 width=