16 Februarie 2023 | Dink jy dalk Generasie X is lui en die Baby Boomers is uit voeling met die tyd?

Met tot 4 verskillende generasies is vandag se werkplek, is dit belangriker as ooit om die generasie verskille te verstaan. Is Gen Z dalk lui? Of heeltyd met hul gesigte teen ‘n selfoonskerm?

Hierdie “X tot Z” netwerk geleentheid spreek die uitdagings aan wat werkgewers ervaar tussen die verskillende ouderdomsgroepe in die werkplek. Kom kry ’n oorsig oor die verskillende generasies, wenke vir elkeen, deel idees en netwerk saam met ander werkgewers.

Hierdie netwerk geleentheid, met trots aangebied deur Solidariteit Werknet, is eksklusief vir werkgewers, werwers en menslike hulpbron bestuurders, en is heeltemal gratis.

Kom drink na werk saam met ons koffie waar Mareli Botha, kenner op die gebied van verskillende generasies, haar kennis en insig met jou deel!

Spreker: Mareli Botha, bestuurder van Solidariteit Jeug, het haar BCom Arbeidsverhouding en Menslikehulpbronnegraad sowel as haar Honneursgraad in Psigologie en Nagraadse Onderwysdiploma aan die Noordwes Universiteit voltooi.  Sy voltooi ook haar Meestersgraad, cum laude, met spesialisveld ‘Generasie Z’ aan die Universiteit van Stellenbosch.

Datum:  16 Februarie 2023
Tyd: 16:00 – 17:00

Plek: Solidariteit Hoofkantoor, Hoek van DF Malan en Eendragt Straat, Kloofsig.

RSVP hier (https://werknet.co.za/koffiewinkelsessies/)  teen 14 Februarie  – Plekke is beperk!