Blitsgids: Groei jou onderneming met digitalisering

“Digitalisation – the use of digital technologies to change a business model and provide new revenue and value-producing opportunities.” (Gartner Glossary)

Opnames toon dat klein tot medium grootte sakeondernemings nie ten volle bewus is van die potensiaal wat tegnologie en digitalisering vir hulle inhou nie.

Om kritiese massa te bereik – ’n onlangse gevallestudie

’n Plaaslike klein sakeonderneming het bestendige groei getoon, maar kon nie bekostig om die volgende stap tot kritiese massa te neem nie. Dit moes byvoorbeeld ondersteuningspersoneel aanstel om die bykomende werklading te akkommodeer, omdat dit moeilik was om die snelle veranderings in die bedryf te antisipeer en daarop te reageer. Dit het egter nie oor die kontantvloei beskik om dié personeel aan te stel nie.

Die onderneming het tegnologie aangeneem; aanvanklik aanlyn rekeningkundige dienste wat maandeliks afbetaal kon word en relatief goedkoop was.

Die tweede verandering was om ’n databasis te gebruik om tendense onder kliënte baie vinnig te ontleed om sodoende ’n beter begrip van hul aktiwiteite te verkry en ander aanbiedinge proaktief kom aanbied.

Dit het baie goed gewerk, maar wat die onderneming regtig verras het, is dat die databasis hulle in staat gestel het om al hul rekords aanlyn te stoor. Dit het maklike toegang deur werknemers verseker en bestuur in staat gestel het om te vinnig verseker dat alle kliënte korrek bygewerk word. Die tydbesparing was só beduidend dat die onderneming nie meer nuwe personeel moes aanstel nie en sy administratiewe vermoë aansienlik kon uitbrei.

Die onderneming groei nou vinnig sonder die gewone toename in koste en probleme met werkende kapitaal.

Belangriker: Dit het die onderneming die vertroue gegee om die digitaliseringsroete verder te volg en op dié wyse verder te vorder om die kritiese massa te bereik wat die ondernemings sou help om sy waarde vinnig uit te bou.

Lesse wat geleer is:  

  1. Plaas digitalisering in die kern van jou strategie en laat senior bestuur dit ten volle aanneem. Daar word gereeld ’n digitaliseringskampioen aangewys, maar dit is nie die ideaal nie omdat die kampioen in ’n silo kan begin werk en daardeur verswelg kan word.
  2. As jou dokter vir jou medisyne gee, byvoorbeeld vir hoë bloeddruk, neem ons dit om ’n hartaanval iewers in die toekoms te vermy. Tegnologie is ’n soortgelyke uitdaging, en as ons dit nie aangryp nie, sal ons konkurrente dit wel doen – en ons baie vinnig verbysteek.
  3. Deur digitale tegnologie in jou stelsel en prosesse te integreer, kan jou in staat stel om met rasse skrede na hoër vlakke te beweeg. Onthou dat die meerderheid internasionale reuse soos Amazon en Apple tegnologie gebruik het om te groei.

’n Hoër bemarkingstempo, beweeglikheid, beter begrip van kliënte en kostebeheer kan bereik word deur ’n duidelike fokus en doeltreffende leierskap.

Dié artikel bied algemene inligting en moenie as professionele raad beskou word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute, weglatings of enige verlies of skade wat gely is omdat daar op die inligting hierin staatgemaak is nie. Raadpleeg altyd jou finansiële raadgewer vir spesifieke, omvattende raad. Foute en weglatings uitgesonder.

* Dié artikel het oorspronklik in CA(SA)DotNews verskyn en is met die goedkeuring van Logista International en DotNews vertaal en gepubliseer.