Huidige en opkomende verligtingsinisiatiewe wat beskikbaar is

Hier is ’n opsomming van huidige en ontwikkelende ingrypingsinisiatiewe om verligting te bied:

  • Nasionale Rampsverligtingsvoordelefonds: R30 biljoen is reeds geallokeer vir ’n Nasionale Rampsverligtingsvoordelefonds , wat Werkloosheidsversekerings-fondsvoordele vir tot in met drie maande aan kwalifiserende werknemers betaal wie se inkomste deur die koronavirus pandemie geraak is. Dié fonds sal die koronavirus verwante werksverliese aanspreek, werksbehoud inisiatiewe ondersteun, siekte betalings en verkorte tyd eise aanspreek.
  • Informele sektor ondersteuning. ’n Veiligheidsnet word tans ontwikkel om persone in die informele sektor  by te staan.
  • SASSA: Die Suid-Afrikaanse Bestaansbeveiligingsagenteskap (SASSA) gee toelae vir pensionarisse en mense met gestremdhede om vroeër betaal te word.
  • Tydlike Werknemerverligtingskema: ’n Spesiale dispensasie vir maatskappye wat in nood verkeer, hierdeur sal werknemers ’n loonbetaling deur die Tydlike Werknemerverligtingskema ontvang, wat maatskappye in staat sal stel om werknemers direk te betaal en afleggings te vermy.
  • Banksektor: Die Departement van Handel en Nywerheid het nuwe regulasies in die banksektor ingestel. Die uitsluitings sal banke toelaat om saam te werk wat klein besighede, verbruikers en firmas in nood sal help.
  • Belastingsubsidie: ’n Nuwe belastingsubsidie van tot in met R500 per maand vir die volgende vier maande vir werknemers wat onder R6 500 per maand verdien.
  • Werknemer belastinginsentiewe: SARS gaan werknemer belasting insentiewe versnel.
  • PAYE & Tydelike korporatiewe inkomstebelasting: Belasting inskiklike besighede met ’n omset van minder as R50 miljoen sal toegelaat word om 20% van hulle PAYE laste oor die volgende vier maande te vertraag en ’n porsie van hul tydelike korporatiewe inkomstebelasting betalings sonder rente of boetes oor die volgende ses maande ook te vertraag.
  • Kompenseringsfonds: Werknemers wat siek word as gevolg van blootstelling aan Covid-19 by hul werksplekke sal deur die kompenseringsfonds betaal word.
  • SMME SA: Die Departement van Kleinsake Ontwikkeling het R500 miljoen beskikbaar gestel aan SME’s in nood. Registrasies is nou oop bir klein en mediumgrootte sakeondernemings wat hulp tydens die koronaviruskrisis benodig.
  • IDC: Die Industriële Ontwikkelingskoöperasie, tesame met die Departement van Handel, Nywerheid en Kompetisie het R3 biljoen beskikbaar gestel vir ’n reeks produkte wat fondse ter ondersteuning van besighede bied om weerbare firmas en maatskappye wat krities is in die styd teen die virus en sy ekonomiese impak by te staan.
  • Toerismeverligtingsfonds: Die Departement van Toerisme het ’n addisionele R200 miljoen beskikbaar gestel om SME’s in die toerisme en gasvryheid bedryf wat onder besondere druk verkeer weens die nuwe reisbeperkings  by te staan.
  • Solidariteit Reaksiefonds: Hierdie fonds is daargestel om te help om met die neersifting van die koronavirus en om maatreëls in plek te stel om die verspreiding daarvan te voorkom. Individue en besighede kan bydra tot hierdie fonds. Johann Rupert en Nicky Oppenheimer het elk R1 biljoen in dié nuutgestigte fonds belê.
  • Moontlike tydelike reduksies: Moontlike tydelike reduksies van werkgewer en werknemer bydraes tot die werkloosheidsversekeringsfonds en moontlike tydelike reduksie van werkgewer bydraes tot die vaardigheidsontwikkelings-fonds.

Van hierdie items is nog nie gefinaliseer of deur die regering in fynere besonderhede verduidelik oor hoe die prosedures gaan werk nie.

HIERDIE ARTIKEL IS BESKIKBAAR GESTEL DEUR ACCOUNTUIT