#MyDorp – ’n Kuipstop in Vredendal

AfriVriendelik is met ’n wye Kaapse draai op pad na die Noord-Kaap. Ons maak net eers vining ’n kuipstop in die mooi dorpie Vredendal om te sien wat hulle alles bied.

Kom kuier saam met ons dan wys ons jou waar jy kan eet, slaap, koop of net ‘n lekker draai kan loop!

 

Slaap hier

Melkboomsdrift Guest House & Conference Centre 

   width=

Melkboomsdrift Guest House & Conference Centre is ideaal geleё in die hartjie van die Olifantsriviervallei, tussen Vredendal en Lutzville. Dié wynplaas, met sy pragtige plaashuis, is die perfekte plek om te oornag en hulle bedien daagliks ‘n heerlike plaasontbyt en aandete. Piekniekmandjies is ook op versoek beskikbaar en gaste kan heerlik ontspan in die swembad wat oor die Olifantsrivier en wingerde uitkyk. Die gastehuis beskik ook oor konferensiegeriewe met hoё kwaliteit toerusting vir enige geleentheid.

Eet hier

Manuelas

 width=

By Manuelas in Vredendal kan jy heerlike tuisgebakte koeke, koekies en beskuit koop. Hulle maak ook groot lasagnes, pasteie, tuisgebakte brode en quiches op bestelling. Manuelas het ’n lekker privaat kamer vir verjaarsdae, ooievaars, of enige ander spesiale geleentheid wat jy beplan. Hier is ook mooi handgemaakte geskenke en heerlike eetgoed te koop.

Die Keldery Restaurant  width=Die Keldery, is ’n restaurant eie aan die Namaqua Weskus. Saam met tradisionele geregte, en wyne van die beste gehalte wat daarby pas, is daar ’n pragtige stoep wat op die asemrowende Maskamberg uitkyk. Kinders kan rondhardloop terwyl die volwassenes ’n glasie wyn in die Matzikama-son geniet. Spesiale aanbiedinge by Die Keldery maak dit ook die moeite werd om hierdie unieke ligging en restaurant saam met vriende en familie te beleef.

Wat kan nou beter wees as om ’n heerlike glasie wyn in ’n pragtige area te geniet en om jou smaaksintuie met tradisionele geregte te bederf?

Koop Hier

Teubes Wines

 width=

Teubes Family Wines is ‘n toonaangewende verskaffer van organiese druiwe, net buite die pragtige stad Vredendal in die Wes-Kaap van Suid-Afrika. Die Teubes-familie lewer al meer as drie dekades die beste wyne en hierdie passie vir perfeksie het daartoe gelei dat hierdie wynmakery verskeie internasionale toekennings vir wyn verower het. Teubes wyne kan ook aanlyn bestel word.

Kuier Hier

Maskam Brewing Company

 width=

Die MBC (Maskam Brewing Company) is in April 2016 langs die R363 roete, tussen Vredendal en Lutzville, gestig. Die brouery, wat ‘n familie-restaurant insluit, brou verskillende craft-biere.

Dit is die eerste craft-brouery in die Matzikama-area en hulle brou drie soorte bier, naamlik Blonde Ale, Amber Ale en Lager. Die brouery bied ’n bierproe aan en die bier is ‘on tap’-of per bottel beskikbaar. Die restaurant is ’n kindervriendelike area met ’n speelpark en ’n dieretuin om die jong span besig te hou. Dit is die ideale ligging vir funksies, soos kinderpartytjies en verjaardae.