Ontmoet ons entrepreneur van die jaar-kompetisie borg: senbel

Vertel ons meer oor jou onderneming?

Dit is belangrik om te begryp dat Senbel ’n passie het vir die diens wat ons lewer en daarom vir jou toegevoegde waarde sal lewer. Ons kyk anders na die data wat ons ontvang. Ons besef dat dit in baie gevalle ’n organisasie se waardevolste bate is. ’n Tevrede lid beteken vir ons soveel as wat dit vir jou organisasie beteken.

Vir twaalf jaar lank het Senbel hoofsaaklik daarop gefokus om organisasies te help om hul ledebasis uit te bou. Dit het onlangs vir ons duidelik geword dat dit belangrik is om daardie nuwe lede gelukkig en tevrede te hou en hulle nie te verloor nie. Om dit reg te kry moet ons elke lid ken en verstaan. Ons moet aan elkeen se verwagting voldoen en hul lief maak vir die organisasie, produk of diens. Op daardie wyse word hulle getroue volgelinge en jou volgende werwer of adverteerder.

SenData is ’n been van Senbel wat veral op data fokus.

In die era van inligtingoorlading staan SenData uit as jou baken van data-insig. Ons verleen hulp met navigasie in die groot oseaan van data wanneer strategiese besluite geneem moet word. Meningspeilings is ’n kragtige instrument om openbare sentiment te begryp.

By SenData glo ons dat data die sleutel tot vooruitgang is. As ’n toonaangewende data-insamelings- en navorsingsmaatskappy is ons daartoe verbind om jou van omvattende, akkurate en uitvoerbare dataoplossings te voorsien.

Waarom het jou onderneming by AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie betrokke geraak?

Senbel werk daagliks met AfriForum lede en wil graag sien dat Sakenetwerk-lede se ondernemings groei. Deur ondernemings te help groei, leef ons as SenData ons roeping uit.

Waarna kan deelnemers hierdie jaar as deel van jou borgskap uitsien?

Ondernemings kan met ons hulp meer insig kry oor wat die mark van hul produkte en dienste dink en verwag. Ons kan hulle ook help met ’n strategie om hul bestaande databasis uit te bou, te verbeter en te vergroot.

Sien jy daarna uit om die top vyf te ontmoet by hierdie jaar se finaal?

Vir seker! Deur netwerk te bou, vat mense met verskillende vaardighede en insigte hande om mekaar verder te help uitbou.