Vier wenke om stres by die kantoor te los

Vier wenke om stres by die kantoor te los.

Almal wil eintlik eerder wêreldreisigers wees. Ongelukkig is die realiteit dat meeste van ons die grootste deel van ons tyd by ’n lessenaar of die werk spandeer en daarom stres ons grotendeels oor ons werk. Dr. Pete Sulack, ’n stresdeskundige en die skepper van StressRX.com, gee die volgende wenke om stres by die kantoor te laat:

  1. Kry perspektief – Neem ’n oomblik en kyk na die probleme wat jy het; is dit nie eintlik die resultaat van seëninge nie? Het jy ’n werk? Nie almal het ’n werk en ook ’n inkomste nie. Lê daar ’n groot projek of funksie voor? Dit beteken jou baas vertrou jou om ’n sukses daarvan te maak.
  2. Hou op om jou dagboek vol te maak met aktiwiteite wat onmiddellik opmekaar volg – Bly aktief, maar gee jouself tyd om asem te skep voor ’n volgende afspraak. Só maak jy seker jy het die heeltyd moed en reserwe-energie vir ’n nuwe dag of uitdaging. Net soos met geld, sny die dinge waarvoor jy nie tyd het nie en wat nie ’n verskil gaan maak aan ’n uitkoms nie: Stuur byvoorbeeld ’n e-pos eerder as om ’n vergadering te skeduleer indien dit nie nodig is nie.
  3. Oefen om dankbaar te wees – Dr. Sulack noem dat mense wat daartoe neig om meer skepties te wees, is ook meer geneig om demensie te ontwikkel (skrikwekkend!). ’n Rede hiervoor is kroniese woede. Woede veroorsaak kroniese stres – met ander woorde ’n bose kringloop. Om te oefen om eerder dankbaar en tevrede te wees vermeerder energievlakke en werk teen stres. Of jy ’n goeie dag of baie slegte dag gehad het, maak ’n punt daarvan om drie dinge neer te skryf wat jou opgewonde of dankbaar gemaak het. Dit kan selfs iemand wees wat jou laat lag het of wat vir jou koffie gemaak het.
  4. Beweeg ’n bietjie – Hierdie is vir niemand ’n verrassing nie, maar dit is werklik so dat ons deesdae meer sit as slaap en mens voel dit aan jou lyf… daardie rug wat so seer is, hoofpyne gekoppel aan spanning en wanneer jy teen 15:00 só moeg is dat jy skaars jou oë kan oophou. Probeer ’n nuwe stokperdjie, of probeer ’n paar en kry iets waarvan jy hou: swem, stap, fietsry of dans. Dit werk ook teen stres en stel endorfien vry wat jou gelukkiger laat voel. Laai ’n toepassing (app) af wat jou elke nou dan herinner om bietjie op te staan en te gaan kyk hoe die weer buite is.
  • Oorspronklike artikel aangepas van Brit & Co vir Afrikaans-Vriendelik.