|

AfriForum Sakenetwerk het die volgende ondernemings in 2022 besoek.

AfriForum Sakenetwerk het in 2022 verskeie ondernemings besoek. Die doel van hierdie besoeke is om ’n netwerk te vestig tussen entrepreneurs en om meer te leer oor die ondernemings en die entrepreneurs om ons. Dit is vir ons belangrik om ’n gemeenskap te vestig tussen entrepreneurs en ander mense aan te moedig om plaaslik te ondersteun.

Kyk hier na die ondernemings wat ons in 2022 besoek het:

  1. Plaasmeisie

Plaasmeisie het vanjaar ’n Tinteltong Toekenning ontvang. Nie net het hulle ’n mooi Afrikaanse naam nie, maar word alle Plaasmeisie-produkte gemaak deur skoenmakers en mense wat leerprodukte maak, wat ’n ware talent en liefde vir die bedryf het. Ons het al vele kere in die verlede geleenthede gehad om skoene en ander leerprodukte wat ingevoer word teen goedkoper pryse te verkoop, maar ons hou by dit wat ons doen. Ons ondersteun plaaslik, en bly by trotse Suid-Afrikaanse produkte.

Kyk hierdie video van Michelle Kinnear waar sy in haar noppies is met haar onderneming Plaasmeisie:

Plaasmeisie: https://www.youtube.com/watch?v=lZnJnbqZDhU

Blogplasings

Geplaas op Des 6, 2022

https://youtube.com/watch?v=lZnJnbqZDhU%3Ffeature%3Doembed
  1. Vannie Kaap

Alhoewel Vannie Kaap se produkte landswyd gevind kan word, is dit ’n eg-Kaapse produk wat jou altyd sal herinner aan die Kaap. Vannie Kaap is ’n unieke produk om as geskenk te koop. Ons kan dit nie beter stel as die eienaar Marc Jacobs nie. Hy sê die volgende: “Dit is uniek om ’n onderneming te laat groei wat jou kultuur en taal vereer. Wat dit egter unieker maak, is hoe die gehoor om die handelsmerk skaar en hoe dit ’n plek verteenwoordig waar inklusiwiteit alles is. “

Kyk hierdie video waar Lincoln Meyer, franchise-eienaar van Vannie Kaap, ons meer vertel oor sy passie vir die onderneming:

Vannie Kaap: https://www.youtube.com/watch?v=RlownnAzHvE

  1. Swier Pretoria

AfriForum Sakenetwerk het vir Sandri Spies van Swier in Pretoria gaan besoek. Sandri Spies is die gesig agter Swier Pretoria. Sy noem dat om ’n entrepreneur te wees in haar bloed is. Die waardes van Swier is om te leef en te laat leef. Entrepreneur wees is maklik en lekker vir Sandri.

Kyk hierdie video en ontmoet vir Sandri Spies, die gesig agter Swier Pretoria:

Swier Pretoria: https://www.youtube.com/watch?v=q_hOlIbhwp8

  1. Liewe Lente

Illze Lourens, mede-eienaar, het die onderneming gestig waar sy haar ma Elsje Bolton en suster Inge Bolton betrek het. Die Liewe Lente-span het impulsief op die Lente-trein geklim en tot nou toe nog net vorentoe gery. Daar is nie ’n beter vennoot as jou sussie en ma nie. Ons drie saam skep ’n perfekte balans tussen pligte en dryfkrag om Lente deur elke seisoen te dra.

Deel in die passie van hierdie gesin en kyk hierdie video:

Liewe Lente: https://www.youtube.com/watch?v=CfuFmo-Wldc

  1. Poppie

Lené Heck, eienaar van Poppie en Opgedollie, het ’n passie vir mode en haar hart klop vinniger vir elke mooi rok wat sy sien. Lené het begin met tien rokkie, maar sit nou met ’n hele kamer vol om van te kies. Dit is altyd lekker om te sien hoe entrepreneurs groei en ’n sukses maak van die visie wat hulle het.

Kuier saam met ons in die kas en kreatiwiteit van Poppie: https://youtu.be/xzJmQYbB5cg

  1. Purple Carrot

Alita du Plessis is die eienaar van Purple Carrot Jewellery en ’n ystervrou. Alita het ’n groot passie vir entrepreneurskap en bemagtig graag ander entrepreneurs waar sy kan. Met ’n hart van goud het sy al baie bereik en is dit vir AfriForum Sakenetwerk ’n voorreg om te kan spog dat sy die titel Entrepreneur van die Jaar-2021 vol staan.

Kyk hierdie video en leer Alita du Plessis ken: https://youtu.be/_Dsp8vDNehE

  1. Steyn IP

Christiaan spesialiseer in immateriële-goederereg en wetnakoming, met spesifieke kundigheid in handelsmerke, kopiereg en domeingeskille. Hy is stigter van Steyn IP, ’n spesialisregsfirma wat in hierdie regsgebiede handel, waarvan hy tans besturende direkteur is.

Steyn IP is ’n trotse borg van AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie en deel elke jaar in die sukses daarvan deur die entrepreneurs van kop tot tone te bederf met raad oor handelsmerke en selfs vir elkeen in die Top 5 ’n gratis pakket aan te bied.

Kyk hierdie video om vir Christiaan Steyn te ontmoet en te hoor hoekom hy altyd betrokke is by AfriForum Sakenetwerk: https://youtu.be/4b45AxsDl5k

  1. Write your own lifebook-toep.

AfriForum Sakenetwerk het die geleentheid gehad om met Johan en Lean Badenhorst van Write your own lifebook te gesels oor dié wonderlike inisiatief wat hulle geneem het om ’n toep te ontwikkel wat jou stap vir stap help om jou geskiedenis op te teken vir die nageslag wat kom.

Baie kreatief en ’n wonderlike geskenkidee vir die feesseisoen wat om die draai is.

Besoek https://www.afriforumsakenetwerk.co.za/ om deel te word van ’n netwerk wat werk.

Kyk hier na die video: https://youtu.be/5G3sDaY9drI