|

Entrepreneursfokus: Sewe feite oor Anneke Joubert

  1. Wie is die gesig agter die onderneming? 

Anneke Joubert is die gesig agter Bouter Happies en ’n vrou met ambisie en dryfkrag wat glo in harde werk om sukses te behaal. Iemand wat nooit opgee nie en altyd ’n plan B het. 

  1. Wie is jul ideale kliënt? 

Bouter Happies se ideale kliënt is ’n mamma/pappa wat probeer om hul kind of hulself die beste moontlike gesondheid te gee met minimale moeite. 

  1. Wat is vir jou uniek aan jou onderneming? 

Die feit dat Bouter Happies-produkte van grond tot mond in ons fabriek gemaak word en dat alle produkte, van die noedels tot die stokkielekker, almal ’n vorm van groente bevat.

  1. Hoe sal jy die woord entrepreneur beskryf? 

Iemand wat kanse vat, berekende risiko’s neem en voluit gaan om sy/haar droom na te streef! 

  1. Watter drie woorde beskryf jou emosie vir jou onderneming?

Ek voel trots, geïnspireer en dankbaar.

  1. Wat is die eienskappe wat jy soek in jou span?

Lojaliteit, harde werk, ambisie, dissipline, respek vir jouself, jou medemens en die produk.

  1. Wat is jou grootste wenk aan entrepreneurs?

Kry vir jou ’n mentor wat jou kan help met sake-aspekte, ken jou mark, vat kanse en glo in jouself!