Entrepreneursfokus: STEYN IP

Christiaan spesialiseer in immateriëlegoederereg en wetnakoming, met spesifieke kundigheid in handelsmerke, kopiereg en domeingeskille. Hy is stigter van STEYN IP, ’n spesialisregfirma wat in hierdie regsgebiede handel, waarvan hy tans  besturende direkteur is.

Christiaan het ’n LLB-graad aan die NWU verwerf en is ’n toegelate en praktiserende prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Hy is tans ook ’n kandidaat vir ’n meestersgraad in immateriëlegoederereg aan UNISA. Christiaan is verder betrokke by immateriëlegoederereg in Suid-Afrika as ’n senior beoordelaar van domeindispute. Hy dien ook op die Suid-Afrikaanse Instituut van Intellektuele Goederereg (SAIIPL) se ADR-komitee.

Christiaan het ’n groot passie vir immateriëlegoederereg, spesifiek in die kreatiewe sektor, en hy streef voortdurend daarna om sy kundigheid en reputasie op hierdie regsgebiede verder uit te bou en te ontwikkel.

STEYN IP is toegewy aan die opheffing en ondersteuning van sake-eienaars en kunstenaars wat spesialisondersteuning in hul loopbane benodig.

Die span by STEYN IP is al langer as ‘n dekade lank in die regs- en kreatiewe industrieë betrokke en besit gesamentlike kennis van en ondervinding in regspraktyk, kreatiewe en vervaardigingsbedrywe, en ampskantore.

Ons kliënte, groot en klein, in die Suid -Afrikaanse kommersiële, korporatiewe en kreatiewe industrieë bly die kern van ons onderneming se fokus.

STEYN IP se spesialisregsdienste sluit in:

  • handelsmerke
  • outeursreg
  • domeine en domeingeskille
  • teen-vervalsing
  • internet- en kuberreg
  • vermaak- en mediareg
  • planttelersregte
  • patentereg
  • medelreg (ontwerpe)
  • wetnakoming op
  • omgewingsimpak
  • beroepsgesondheid en -veiligheid
  • privaatheidswette
  • toegang tot inligting
  • tannabis en verbouing
  • algemene nakoming van wetgewing en regulasies
  • handelsreg
  • kontrakte
  • siviele aangeleenthede
  • litigasie en ander regsgedinge.

Besoek steynip.com vir meer inligting oor STEYN IP en hul dienste, of e-pos hulle by info@steynip.com.