Die boustene van ’n entrepreneuriese onderneming met Daniël Malherbe
Aan die einde van 2017 het daar in die hartjie van Stellenbosch ‘n digitale agentskap, Lumico, met Daniël Malherbe aan die stuur van sake ingetrek. Dié agentskap, wat nou reeds in sy vyfde bestaansjaar is, fokus op hoëgehalte-inhoudskepping wat deur die strategiese uitvoer van veldtogte op verskeie digitale platforms ondersteun word. Ons het ’n draai…