|

Mediaverklaring: Entrepreneur van die Jaar-kompetisie: Opleiding begin volgende week

8 Junie 2022

As deel van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie bied AfriForum Sakenetwerk opleidingsessies aan in samewerking met Akademia oor verskeie onderwerpe wat verband hou met belangrike elemente van die entrepreneurswêreld.

Die opleiding vind vanaf 13 tot 23 Junie 2022 plaas.

AfriForum Sakenetwerk glo dat entrepreneurs en sake-eienaars verantwoordelikheid en eienaarskap moet neem oor hul onderneming. Jy word aangemoedig om jouself te bemagtig met die nodige kennis oor jouself en jou besigheid. Identifiseer dus die vaardighede wat jy en jou onderneming benodig om jou onderneming volhoubaar te maak en uit te brei na ’n onderneming wat sy plek volstaan in die gemeenskapsekonomie, die Suid-Afrikaanse en die internasionale ekonomie.

Vanjaar se opleidingsessies raak die volgende onderwerpe aan:

  • 13 Junie: Algemene beginsels van kontraktereg, ondernemingsvorme en aanspreeklikheid
  • 14 Junie: Basiese gebruik van Microsoft Office, opstelling van webwerf en e-posse vir onderneming, gratis en/of goedkoop sagteware vir gebruik in klein sakeondernemings, asook entrepreneuriese vaardighede en werksmag van die toekoms
  • 15 Junie: Basiese beginsels van produk, plek, prys en promosie vir teikenmark
  • 21 Junie: Aanstel of afdank
  • 23 Junie: Belasting, registrasies, toepaslike rekenaarprogramme, finansiële state, kontantvloeibestuur, bedryfskapitaal, begrotings en waardetoevoeging tot jou produk of diens

Belê in jou toekoms met vanjaar se opleidingsessies en kom kuier saam met die span van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie en die volgende topgehalte dosente van Akademia:

  • Sarita Gerber, ’n dosent in Regsgeleerdheid
  • Jaco-Louis Kruger, ’n dosent in die NGOS-program
  • Amorie Blignaut, ’n dosent in Ondernemingsbestuur
  • Salomien Boshoff, ’n dosent in Bemarking en Ondernemingsbestuur
  • Mornè Venter, ’n dosent in BCom (ondernemingsbestuur), meer spesifiek Menslikehulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge
  • Nikkie Kennedy, ’n dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting.
  • Nicolene Steenkamp is die programkoördineerder van BCom (Finansiële Beplanning) en ’n dosent in Rekeningkundige Wetenskappe
  • Shaun Coetzee, ’n dosent in die Departement Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
  • Daniëlla du Preez, ’n  dosent in Rekeningkundige Wetenskappe
  • Johann Smith, ’n dosent in Ondernemingsbestuur

Klik hier vir ’n kort CV oor al die aanbieders by vanjaar se opleidingsessies.

Volg hierdie skakel na die kaartjieverkope.

Sanderien van der Walt

Bestuurder: AfriForum Sakenetwerk

AfriForum

Sel: 067 413 0716

E-pos: sanderien.vanderwalt@afriforum.co.za