Hoorsêgetuienis tydens dissiplinêre verhore
Wat is hoorsêgetuienis? Dit is getuienis wat deur ’n persoon aangebied word oor ’n aangeleentheid wat hy/sy nie met sy eie sintuie waargeneem het nie, maar van iemand anders verneem het. Artikel 35 van die Wysigingswet op die Bewysreg 45 van 1998 omskryf hoorsêgetuienis as “getuienis, hetsy mondeling of skriftelik, waarvan die getuieniswaarde afhang van…